TuS Celle FC is 'n sportklub uit Celle in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir onder meer tennis, basketbal, gimnastiek, tafeltennis, handbal, judo, karate, atletiek, fietsry, taekwondo en driekamp.

Geskiedenis Die klub is op 23 Augustus 1945 gestig as TuS Celle, 'n samesmelting van die voor-oorlogse klubs SpVgg Celle 1921 and Freie Turnschaft Celle. Freie Turnschaft Celle was reeds in 1899 gestig, maar is in 1933 deur die Nazi’s ontbind, terwyl SpVgg Celle 1921 deur die Geallieerdes ontbind is na die Tweede Wêreldoorlog. Tydens die oorlogsjare was daar ook 'n militêre klub in Celle, Wehrmacht SV Celle, wat twee seisoene op die hoogste vlak in die Gauliga deurgebring het.

In 1992 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as TuS Celle FC en in 1996 is die naam verander na FC Celle. 'n Jaar later is die huidige benaming weer aangeneem.

Die klub het in 1968 na die Regionalliga Noord gepromoveer, destyds die tweede hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur.

Onlangse ligaposisionering 1964-65 (III) Amateurliga Neder-Sakse. 3de 1965-66 (III) Amateurliga Neder-Sakse 6de 1966-67 (III) Amateurliga Neder-Sakse 9de 1967-68 (III) Amateurliga Neder-Sakse 4de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 15de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 11de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 10de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 10de 1972-73 (II) Regionalliga Noord 17de 1973-74 (III) Amateurliga Neder-Sakse 5de 1974-75 (IV) Landesliga Neder-Sakse 8ste 1975-76 (IV) Landesliga Neder-Sakse 5de 1976-77 (IV) Landesliga Neder-Sakse 6de 1977-78 (IV) Landesliga Neder-Sakse 12de 1978-79 (IV) Landesliga Neder-Sakse 12de 1979-80 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 3de 1980-81 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 1ste 1981-82 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 11de 1982-83 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 4de 1983-84 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 9de 1984-89 (V) Landesliga Neder-Sakse-Oos1989-90 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 1ste 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 13de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 3de 1996-97 (III) Regionalliga Noord 6de 1997-98 (III) Regionalliga Noord 12de 1998-99 (III) Regionalliga Noord 6de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 14de 2000-01 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 13de 2001-02 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 18de 2002-03 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 2003-04 (VI) Landesliga Lüneburg 1ste 2004-05 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 2005-06 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 8ste 2006-07 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 14de 2007-08 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 2008-09 (V) Oberliga Neder-Sakse Oos 9de

Verwysings Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag

Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Oos 2008/09-seisoen SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Braunschweig II – FT Braunschweig – TuS Celle FC – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – Goslarer SC 08 – SC Weende Göttingen – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – FC Hansa Lüneburg – VfL Maschen – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – Rotenburger SV – SSV Vorsfelde

Celle