Chasmatophyllum nelii is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Daar is min omtrent die spesie bekend. Dit is deel van die Nama-Karoo-ekostreek en daar word vermoed dat die plant se voorkomsgebied ongeveer 10 767 km² groot is. Dit kom in die Groot-Karoo, tussen Prins Albert en Graaff-Reinet, voor.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

nelii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika