Rostof aan die DonРостов-на-Дону 280px Die Rostof-oblast in Rusland Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Oblast 20px Rostof Koördinate Stigting 1749 Stadstatus 1797 Oppervlakte: - Totaal 348,5 vk km Hoogte bo seevlak 70 m Bevolking: - Totaal (2018) 1 130 305 - Bevolkingsdigtheid 3 100/vk km Tydsone UTC +3 (MSK) Burgemeester Zinaida Nejarokhina Amptelike webwerf rostov-gorod.ru
Rostof aan die Don (Russies: Росто́в-на-Дону́, Rostof-na-Donoe) is 'n stad in Rusland wat in 1749 gestig is. Dit is die hoofstad van die Rostof-oblast en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van Suid-Rusland, met 'n bevolking van 1,13 miljoen in 2018. Dikwels word na Rostof, wat sowat 960 km suid van Moskou en 46 km vanaf van die Don se monding in die See van Azof geleë is, verwys as die "Poort tot die Kaukasus". In die tydperk van die Tsareryk was Rostof 'n belangrike handelspilpunt in die suide en 'n belangrike militêre pos tydens die oorloë teen die Ottomaanse Ryk. Russia Beyond, 18 Januarie 2015: Rostow am Don: Heimat der schönsten Frauen Russlands. Besoek op 27 Februarie 2020
'n Ander bynaam, wat aan die stad gegee is, is "Hawestad van die vyf seë" – 'n verwysing na die kanaal wat die Don met die Wolga verbind en sodoende toegang verleen tot vyf seë: die See van Azof, die Swartsee, die Kaspiese See, die Witsee en die Oossee.
Die stad was op 19 Maart 2016 in die nuus nadat 'n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai tydens landing daar neergestort het. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood. Die meeste van die passasiers aan boord van Vlug FZ981 was Russe. Russia plane crash: Dozens killed in Rostov-on-Don, BBC.com, 19 Maart 2016. URL besoek op 19 Maart 2016. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.
Susterstede
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Rusland