Queens of the Stone Age (ook bekend as QOTSA en Queens) is 'n musiekgroep wat in 1997 in Palm Desert, Kalifornië (VSA) tot stand gekom het. Die groep is aanvanklik as Gamma Ray deur Josh Homme gestig en het 'n styl van rifgeoriënteerde swaarmusiek ontwikkel wat Homme as robot rock beskryf het. Hy voer aan hy wou 'n swaar klank skep wat op 'n soliede musiekvulsel gebaseer is, en dit net in 'n mens se kop inhamer. Sedertdien het hul klank ontwikkel om 'n verskeidenheid style en invloede te bevat.
Diskografie Ateljeealbums Queens of the Stone Age (1998) Rated R (2000) Songs for the Deaf (2002) Lullabies to Paralyze (2005) Era Vulgaris (2007) ...Like Clockwork (2013) Villains (2017) In Times New Roman... (2023)
Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe