The Get Up Kids is 'n Amerikaanse alternatiefrock-groep uit Kansas City, Missouri. Die groep is in 1995 gevorm en was 'n groot rolspeler die middel-90's emo-toneel, 'n tydperk was as die "tweede golf" van emo-musiek bekend staan. Soos wat hul gewildheid toegeneem het, het hulle met groepe soos Green Day en Weezer op musiektoere gegaan, totdat hulle later hul eie internasionale toere onderneem het en byvoorbeeld in Japan en Europa opgetree het. Hulle het die plate-etiket Heros & Villains gestig wat as beginpunt vir die vrystelling van The Get Up Kids se albums gedien het, maar later ook as lanseervlak vir van hul kantlynprojekte soos The New Amsterdams en Reggie and the Full Effect.
The Get Up Kids is tydens hul bestaan deurgaans as 'n prototipiese emo-groep geag weens hul groot bydrae tot die Midwestelike emo-beweging van die middel 1990's. Die groep het egter — soos menige ander emo-groep — probeer om aan die term afstand te doen, aangesien vlee op die "emo-groep"-beeld neersien. Jare later het kitaarspeler Jim Suptic om verskoning gevra vir die invloed wat The Get Up Kids op moderne emo-groepe in die derde golf van die emo-beweging gehad het:
Weens interne konflik het die groep in 2005 ontbind. In 2008 het hulle egter 'n 2009 reünietoer aangekondig ter steuning van die heruitreiking van Something to Write Home About, hul suksesvolste ateljeealbum. Sedert die groep weer saam is het hulle reeds genoeg materiaal geskep om 'n album te vul, maar die groep oorweeg daarvoor alternatiewe vrystellingsmetodes.
Ateljee-albums Four Minute Mile (1997) Something to Write Home About (1999) On a Wire (2002) Guilt Show (2004) There Are Rules (2011) Problems (2019)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf The Get Up Kids-forums Last.fm-profiel
Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe