Kweekgras (Cynodon dactylon) is 'n fyn grassoort wat ook in Suid-Afrika voorkom, maar inheems aan Noord- en Oos-Afrika, Asië, Australië en Suid-Europa. Alhoewel dit nie inheems aan Bermuda is nie, is dit 'n oorvloedige indringerspesie daar. Dit word vermoed dat dit vanaf Bermuda na Noord-Amerika versprei het.

Die gras het etlike sinonieme op verskillende plekke en wêrelddele.

Beskrywing Die blaarlemme is 'n grysgroen kleur en is kort, gewoonlik 2-15 cm lank met growwe rande. Die regop stammetjies kan 1-30 cm lank word. Die stingels is effens afgeplat en gewoonlik pers in kleur. Die saadknoppies vorm in groepe van 2-6 saam aan uitlopers bokant van die stam, elke uitloper word 2-5 cm lank. Dit het 'n diep wortelstelsel; in droogtetoestande met penetreerbare grond, kan die wortelstelsel tot meer as 2 m diep strek, hoewel die meeste van die wortelmassa minder as 60 cm onder die oppervlak vorm.

Die gras kruip op die grond en skiet wortel waar 'n knoop aan die grond raak met die vorming van 'n digte mat. Kweekgras reproduseer deur saad, uitlopers en wortelstokke. Groei begin by temperature bokant 15°C (59°F) met optimale groei tussen 24 en 37°C (75 en 99°F), in die winter word die gras dormant en kleur vaalbruin. Groei word bevorder deur vol sonlig en vertraag deur vol skaduwee, bv. naby boomstamme.

Verbouing en gebruike C. dactylon word wyd verbou in warm klimate oor die hele wêreld tussen 30°S en 30°N breedtegraad, waar dit tussen 625 en 1 750 mm reënval per jaar ontvang (of minder as besproeiing beskikbaar is). Dit kom ook in die VSA voor, veral in die suidelike helfte van die land met warm klimaat. Dit groei vinnig en is gehard, wat dit nuttig en gewild maak vir sportvelde, omrede dat wanneer dit beskadig is, dit weer vinnig herstel. Dit is 'n hoogs gewensde grasperkgras in warm gematigde klimaat, veral in streke waar sy hitte en droogte verdraagsaamheid dit in staat stel om te oorleef waar min ander grasse sou kon.

Dit het 'n relatief growwe lemvorm met talle kultivars waaruit gekies kan word vir verskillende grasperk-vereistes. Dit is ook hoogs aggressief en verdring die meeste ander grasse en indringers uit ander habitatte, en is 'n moeilike onkruid om uit te roei in sommige gebiede. Hierdie aggressiewe aard het daartoe gelei dat sommige tuiniers dit die naam "duiwelsgras" gee.

Bermudagras is op brakgronde in Kalifornië se Central Valley aangeplant wat te sout geraak het vir ander landbougewasse. Dit is suksesvol besproei met soutwater en word gebruik as veeweiding.

Die basterverskeidenheid 'Tifton 85', soos 'n paar ander grasse (bv. sorghum), produseer sianied onder sekere omstandighede, en was betrokke by verskeie veevrektes (let daarop dat op 'n paar geleenthede daar oor hierdie verskeidenheid verkeerdelik berig is as 'n geneties gemodifiseerde stam; eintlik is dit 'n konvensioneel-geteelde F1 hibried ).

Die weidingskapasiteit is matig:

Sinonieme Die spesie het 98 sinonieme:

Agrostis bermudiana Tussac ex Kunth Agrostis filiformis J.Koenig ex Kunth Agrostis linearis Retz. Agrostis stellata Willd. Capriola dactylon (L.) Kuntze Capriola dactylon var. maritima (Kunth) Hitchc. Chloris cynodon Trin. Chloris paytensis Steud. Cynodon affinis Caro & E.A.Sánchez Cynodon aristiglumis Caro & E.A.Sánchez Cynodon aristulatus Caro & E.A.Sánchez Cynodon barberi f. longifolius Join Cynodon dactylon var. affinis (Caro & E.A.Sánchez) Romero Zarco Cynodon dactylon var. aridus J.R.Harlan & de Wet Cynodon dactylon var. biflorus Merino Cynodon dactylon var. densus Hurcombe Cynodon dactylon var. elegans Rendle Cynodon dactylon subsp. glabratus (Steud.) A.Chev. Cynodon dactylon var. glabratus (Steud.) Chiov. Cynodon dactylon f. glabrescens (Beck) Soó Cynodon dactylon subvar. hirsutissimus Litard. & Maire Cynodon dactylon var. hirsutissimus (Litard. & Maire) Maire Cynodon dactylon var. longiglumis Caro & E.A.Sánchez Cynodon dactylon f. major (Beck) Soó Cynodon dactylon var. maritimus (Kunth) Hack. Cynodon dactylon subsp. nipponicus (Ohwi) T.Koyam Cynodon dactylon var. nipponicus Ohwi Cynodon dactylon var. parviglumisv(Ohwi) Fosberg & Sachet</small> Cynodon dactylon var. pilosus Caro & E.A.Sánchez Cynodon dactylon var. pulchellus Benth. Cynodon dactylon var. sarmentosus Parodi Cynodon dactylon var. sarmentosus Pers. Cynodon dactylon var. septentrionalis (Asch. & Graebn.) Ravarut Cynodon dactylon septentrionalis Asch. & Graebn. Cynodon dactylon var. septentrionalis Asch. & Graebn. Cynodon dactylon var. stellatus (Willd.) Steud. Cynodon dactylon var. villosus Grossh. Cynodon dactylon f. villosus (Regel) Roshev. Cynodon dactylon var. villosus Regel Cynodon dactylon f. viviparus Beetle Cynodon decipiens Caro & E.A.Sánchez Cynodon distichloides Caro & E.A.Sánchez Cynodon erectus J.Presl Cynodon glabratus Steud. Cynodon grandispiculus Caro & E.A.Sánchez Cynodon hirsutissimus (Litard. & Maire) Caro & E.A.Sánchez Cynodon iraquensis Caro Cynodon laeviglumis Caro & E.A.Sánchez Cynodon linearis (Retz.) Willd. Cynodon maritimus Kunth Cynodon maritimus var. breviglumis Caro & E.A.Sánchez Cynodon maritimus var. grandispiculus Caro & E.A.Sánchez Cynodon maritimus var. vaginiflorus Caro Cynodon mucronatus Caro & E.A.Sánchez Cynodon nitidus Caro & E.A.Sánchez Cynodon occidentalis Willd. ex Steud. Cynodon parviglumis Ohwi Cynodon pascuus Nees Cynodon pedicellatus Caro Cynodon portoricensis Willd. ex Steud. Cynodon repens Dulac Cynodon sarmentosus Gray Cynodon scabrifolius Caro Cynodon stellatus (Willd.) Willd. Cynodon tenuis Trin. Cynodon umbellatus (Lam.) Caro Cynosurus dactylon (L.) Pers. Cynosurus uniflorus Walter Dactilon officinale Vill. Dactylus officinalis Asch. Digitaria dactylon (L.) Scop. Digitaria glumipatula (Steud.) Miq. Digitaria linearis (Retz.) Spreng. Digitaria linearis (L.) Pers. Digitaria littoralis Salisb. Digitaria maritima (Kunth) Spreng. Digitaria stolonifera Schrad. Fibichia dactylon (L.) Beck Fibichia umbellata Koeler Fibichia umbellata var. biflora (Merino) Beck Fibichia umbellata f. glabrescens Beck Fibichia umbellata var. glabrescens Beck Fibichia umbellata f. major Beck Fibichia umbellata var. major Beck Milium dactylon (L.) Moench Panicum ambiguum Le Turq. Panicum dactylon L. Panicum glumipatulum Steud. Panicum lineare L. Panicum sanguinale var. ambiguum Lapeyr. Paspalum ambiguum DC. Paspalum dactylon (L.) Lam. Paspalum umbellatum Lam. Phleum dactylon (L.) Georgi Syntherisma linearis (L.) Nash Vilfa linearis (Retz.) P.Beauv. Vilfa stellata'' (Willd.) P.Beauv.

Galery

Bronnelys Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal 1967 Plants of the World Online

Verwysings

dactylon Kategorie:Grasse