Die Bontrok (Diplodus hottentotus) is 'n vis wat endemies is en slegs aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die vis word ook 'n Wildeperd genoem en staan in Engels bekend as die Zebra seabream.
Voorkoms en habitat Die vis is silwer van kleur met vyf opvallende vertikale swart strepe op 'n silwerwit lyf. Dit kan tot 50 cm lank word en weeg dan 6.3 kg. Hy kom voor in rotsriwwe en word in onstuimige witwater gevang.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Diplodus-cervinus+hottentotus.html
Kategorie:Beenvisse