Die Natalse kraaibek (Oplegnathus robinsoni) is 'n vis wat endemies is aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek. Hulle kom noordwaarts vanaf Transkei voor. In Engels staan hulle bekend as die Natal Knifejaw.
Voorkoms Die vis is grysbruin met 'n groot, tweede dorsale vin. Die vissies is geel wanneer hulle klein is met vier swart strepe oor die lyf. Die tande is deel van die bek om sodoende organismis te kan afskeur. Die vis word tot 60 lank en 3 kg swaar.
Habitat en gewoontes Hulle kom voor in riwwe naby die kus. Hulle is ook volop in die St Luciameer.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. .
Eksterne skakel Oplegnathus robinsoni by FishBase
Kategorie:Beenvisse