Die Senomanium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 100,5 tot 93,9 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Albium en gevolg deur die Turonium.
Naam en definisie Die Senomanium is in 1847 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Cenomanum, die Latynse naam van Le Mans in die Franse département Sarthe.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Rotalipora globotruncanoides, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Watinoceras devonense. Belangrike gidsfossiele vir die tydperk is die ammoniete Calycoceras naviculare, Acanthoceras rhotomagense en Mantelliceras mantelli.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Laat Kryt Kategorie:Tydsnedes