duimnael|links|Duitse kolonies in Afrika met Suidwes-Afrika in 1913 duimnael|links|Besittings van die Britse Kaapkolonie was beperk tot die Walvisbaai en Pikkewyn-eilande duimnael|links|upright|Curt von François, die stigter van Windhoek Duits-Suidwes-Afrika (Duits: Deutsch-Südwestafrika, DSWA) was vanaf 1884 tot 1915 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die hedendaagse Namibië. Met 'n oppervlakte van 835 100 km² was dit omstreeks 1,5-keer groter as die Duitse Keiserryk en die enigste Duitse kolonie waar 'n aansienlike kolonisasie deur Duitsers plaasgevind het.

Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is.

Tydens die Suidwes-Afrika-veldtog is Duits-Suidwes-Afrika in 1915 deur Geallieerde troepe van die Unie van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Suidwes-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van Suid-Afrika geword. Die gebied het ná die einde van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog in 1990 as Namibië onafhanklik geword.

Goewerneurs Rykskommissarisse: Gustav Nachtigal van 7 Oktober 1884 tot Mei 1885 Heinrich Ernst Göring Mei 1885 tot Augustus 1890 Louis Nels (voorlopig) vanaf Augustus 1890 tot Maart 1891 Curt von François van Maart 1891 tot November 1893

Provinsiale Goewerneurs: Curt von François vanaf November 1893 tot 15 Maart 1894 Theodor Leutwein van 15 Maart 1894 tot 18 April 1898

Goewerneurs: Theodor Leutwein van 18 April 1898 tot 19 Augustus 1905 Lothar von Trotha (voorlopig) van 19 Augustus 1905 tot November 1905 Friedrich von Lindequist van November 1905 tot 20 Mei 1907 Bruno von Schuckmann van 20 Mei 1907 tot 20 Junie 1910 Theodor Seitz van 28 Augustus 1910 tot 9 Julie 1915

Vlae en wapens

Sien ook Duits-Kameroen Duits-Oos-Afrika

Bronne Johannes Paul: Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931. Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm.

Eksterne skakels

Die Kolonie Deutsch-Südwestafrika – Stiftung Deutsches Historisches Museum

Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Voormalige Duitse kolonies