Högni Reistrup (ook geskryf as Høgni Reistrup) is 'n sanger en musikant van Tórshavn in die Faroëreilande. Sy musikale invloede sluit Radiohead, Depeche Mode, en The Cure in. Hy het 'n agtergrond in klassieke musiek wat tussen 2007 en 2010 uit sy werke duidelik blyk. Snitte soos "Friðsæla stund" van die album Hugafar á ferð en "Náttarvöka" van die album Trý fet frá tilveruni dra duidelike kenmerke van klassieke musiek. In sy loopbaan tree hy op in Denemarke, Duitsland, Engeland, die Faroëreilande, en Skotland.

Reistrup se platekontrak is met die onafhanklike Faroëse uitgewer Tutl.http://www.tutl.com

Diskografie Reistrup stel in die noordelike somer van 2007 sy debuutalbum onder die titel Hugafar á ferð vry. Die eerste enkelspeler vanaf hierdie album bereik eerste posisie op die Faroëreilande se trefferlys.

Sy tweede album, Trý fet frá tilveruni, is op 1 Maart 2010 vrygestel.http://portal.fo Die album is in die Faroëreilande opgeneem en in Dublin (Ierland) gemeng.

Reistrup se derde album heet Samröður við framtíðina en is op 18 November 2011 vrygestel. Die album is in die Faroëreilande opgeneem en in Reykjavík (Ysland) deur Styrmir Hauksson gemeng.

Op 2 Desember 2013 stel Reistrup sy vierde ateljeealbum, Áðrenn vit hvörva ("voor ons verdwyn"), vry.http://kvf.fo/netvarp/uv/2013/11/22/renn-vit-hvrva-hgni-reistrup Die album is deels in Augustus 2012 in Berlyn (Duitsland) opgeneem, en deels in November 2012 en Junie 2013 in Reykjavík. Die album is deur Ólavur Jákupsson en Janus Rasmussen geproduseer. Die snit "Vegurin" is die eerste enkelspeler vanaf die album en is op 1 Augustus 2013 vrygestel.https://soundcloud.com/reistrup/vegurin

Ateljeealbums Hugafar á ferð (2007) Trý fet frá tilveruni (2010) Samröður við framtíðina (2011) Áðrenn vit hvörva (2013)

Verwysings

Eksterne skakels

MySpace Planet.portal.fo

Kategorie:Faroëse musici Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Deense wetenskaplikes