Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Deens.
duimnael|links|Die legendariese Holger Danske word beskou as nasionale personifikasie van Denemarke en die Dene Die Dene (Deens: danskere) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Denemarke wat 'n gemeenskaplike Deense afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Deens as moedertaal praat. Alternatiewelik is Dene diegene wat in Denemarke woon of in Denemarke gebore is. Omdat die Faroëreilande en Groenland tot die Koninkryk van Denemarke behoort, is ook Faroërs en Groenlanders (Groenlandse Inuïete) Deense staatsburgers.
Dene vorm die titulêre nasie van Denemarke, waar hulle byna 90% van dié land se bevolking uitmaak en nog klein erkende minderhede soos Duitsers leef. Behalwe vir Denemarke kom Deense minderhede ook in Europese lande soos Duitsland (Sleeswyk-Holstein), Noorweë en Swede voor. In Duitsland is die Dene 'n erkende minderheid soos Friese, Roma en Sorbe en omvat sowat 50 000 mense, veral in Suid-Sleeswyk.
Wêreldwyd leef sowat 5,6 miljoen Dene, waarvan omtrent 5 miljoen in Denemarke en 1,3 miljoen in die Verenigde State. Daarbenewens het Dene hul ook in lande soos Australië (50 413), Brasilië (140 000) en Kanada (200 035) gevestig.
Sien ook Demografie van Denemarke
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Germane