Die Perseïdes is ’n aktiewe meteoorreën wat verbind word met Komeet Swift-Tuttle. Hulle word so genoem omdat dit lyk of hulle vanaf ’n sentrale punt in die sterrebeeld Perseus kom.

Etimologie Die wolk van meteoroïdes wat die Perseïdes veroorsaak, strek oor die wentelbaan van Komeet Swift-Tuttle en word deur die komeet afgeskei terwyl dit in ’n wentelbaan van 133 jaar om die Son is. Die meeste deeltjies is al sowat duisend jaar deel van die wolk, maar daar is ’n ralatief jong filament van stof wat in 1865 afgeskei is en die dag voor die maksimum reën vir ’n mini-hoogtepunt kan sorg. Die grootte van die wolk in die omgewing van die Aarde word geraam op sowat 0,1 astronomiese eenhede (AE) breed en 0,8 AE lank, en dit word uitgesprei deur sy jaarlikse wisselwerking met die Aarde se swaartekrag.

Die meteoorreën is elke jaar van middel Julie af te sien en bereik sy hoogtepunt tussen 9 en 14 Augustus, afhangend van die ligging van die wolk. Tydens die hoogtepunt is die tempo van die meteore sowat 60 of meer per uur. Hulle kan oor die hele lugruim gesien word; weens die meteoorreën se uitstralingspunt in die sterrebeeld Perseus kan dit egter hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond gesien word. Soos met talle meteoorreëns bereik dit in die vroeë oggendure sy hoogtepunt omdat die Aarde dan in die rigting van die meteoroïdes inbeweeg. Hoewel die meeste meteore die Aarde se atmosfeer tussen sonsopkoms en die middag tref, is hulle weens die daglig nie sigbaar nie. Sommige is ook voor middernag sigbaar, en dan is vuurballe soms te sien. Die meeste Perseïdes brand sowat 80 km bo die Aarde se oppervlak uit.

Bekende Perseïdes duimnael|’n Perseïde in 2010 bo die ESO se Baie Groot Teleskoop.

Jaar Aktief Hoogtepunt202314 Julie - 1 September13 Augustus 08:00 UT (8% afnemende maan)202217 Julie - 24 Augustus 12-13 Augustus (volmaan op 12 Augustus)202117 Julie - 24 Augustus11-12 Augustus202016 Julie - 23 Augustus12-13 Augustus (volmaan op 3 Augustus)201917 Julie - 24 Augustus 12-13 Augustus (volmaan op 15 Augustus)2018Julie 17 - Augustus 2411-13 Augustus 201717 Julie - Augustus 12 Augustus201617 Julie - 24 Augustus 11-12 Augustus 201517 Julie - 24 Augustus12-13 Augustus (maksimum per uur: 95) (nuwemaan 14 Aug.)201417 Julie - 24 Augustus13 Augustus (68) (volmaan 10 Aug.)201317 Julie - 24 Augustus12 Augustus (109)201217 Julie - 24 Augustus12 Augustus (122)201117 Julie - 24 Augustus12 Augustus (58) (volmaan 13 Aug.)201023 Julie - 24 Augustus12 Augustus (142)2009Julie 14 - Augustus 2413 Augustus (173)200825 Julie - 24 Augustus 13 Augustus (116)200719 Julie - 25 Augustus 13 Augustus (93)2006 12/13 AugustusEAAS20052004 12 Augustus (>200)1994 (>200)1993 (200-500)1992 11 Augustus-uitbarsting onder ’n volmaan van 13 Aug.1864 (>100)1863 (109-215)1861 (78-102)1858 (37-88)1839 (165)

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels Wêreldwye tye om die 2016-Perseïdes te sien Gary Kronk se meteoorbladsy 2009 Perseïde-vuurbal "What are the Perseids?"

Kategorie:Meteoorreëns Kategorie:Perseus (sterrebeeld)