John Stuart Mill (Pentonville, 20 Mei 1806 – Avignon, 8 Mei 1873) was 'n Engelse filosoof en ekonoom. Hy was 'n voorstander van die utilitarisme, die etiese teorie wat voorgestel word deur sy peetoom Jeremy Bentham. Sy eie variasie hiervan beskryf hy in die werk Utilitarianism, waarmee hy aanvoer dat daar 'n onderskeid gemaak moet word tussen verskillende soorte genot. In sy bekendste werk On Liberty sit hy die skadebeginsel uiteen. Die skadebeginsel is die opvatting dat iemand se vryheid slegs beperk mag word in so ver dit nodig is om te verhinder dat hy/sy ander skade aanrig.

Jeug John Stuart Mill word gebore in sy vader se huis in Pentonville, Londen, as die oudste seun van James Mill en Harriet Burrow. Sy vader onderrig hom tuis, met advies en hulp van Jeremy Bentham en Francis Place. Hy kry 'n streng opvoeding en word weggehou van ander jongmense van sy ouderdom. Sy vader, 'n navolger van Bentham, het as spesifieke doel om 'n geniaale intellek te skep wat die doelwitte en uitvoering van die utilisme sou kon voortsit na die dood van Bentham en homself.

Teen die tyd dat hy drie was kon hy die Griekse alfabet opsê, en toe hy agt word het hy Aesopus se 'fabels' gelees en dra hy kennis van Plato. In 1818 begin hy met 'n studie van logika en die jaar daarop begin hy politieke ekonomie te bestudeer.

Werk Hy publiseer sy eerste belangrike boek in 1843, A System of Logic. Hierin is die beginsel van oorsaaklikheid aangespreek naamlik: as A altyd deur B gevolg word, kan veronderstel word dat dit in die toekoms ook altyd so sal wees.

Sy Principles of Political Economy (1848) word één van die belangrikste naslaanwerke op die gebied van ekonomie, en was bvvoorbeeld tot in 1919 die standaard teksboek vir ekonomiese studies aan die Universiteit van Oxford.

In 1869 publiseer hy Subjection of Women, waarin hy vroueregte verdedig. Hy was toe al vier jaar lid van die parlement, waar hy hom ook beywer vir vrouestemreg en liberale stantpunte steun.

Verhouding met Harriet Taylor In 1851 trou Mill met Harriet Taylor Mill na 21 jaar se intieme vriendskap. Taylor was getroud toe hulle mekaar ontmoet het. Haar verhouding met Mill was heg maar kuis in die jare vóór haar eerste man sterf. Taylor was 'n belangryke invloed op die werk en die idees van Mill sowel tydens die jare van vriendskap as tydens hul huwelik. Nog voor hy haar ken was Mill al 'n verdediger van die vroueregte en dat word deur haar nog verder versterk. In sy laatste hersiening van On Liberty noem hy haar as sy belangrikste invloed en inspirasie vir die skryf van die boek, en dat dit in 'n groot mate ook haar idees weerspieël. On Liberty word kort na haar dood gepubliseer. Sewe jaar na haar huwelik met Mill sterf sy in 1858 nadat sy ernstige longontsteking opgedoen het.

Belangrikste publikasies Two Letters on the Measure of Value, 1822, The Traveller Questions of Population, 1823, Black Dwarf War Expenditure, 1824, Westminster Review Quarterly Review -- Political Economy, 1825, Westminster Review Review of Miss Martineau's Tales, 1830, Examiner The Spirit of the Age, 1831, Examiner What is Poetry, 1833, 1859 Essay on Bentham, 1838 A System of Logic, 1843 Essays on Some Unsettled Questions of Political Economy, 1844 Claims of Labour, 1845, Edinburgh Review The Principles of Political Economy: with some of their applications to social philosophy, 1848 The Negro Question, 1850, Fraser's Magazine Dissertations and Discussions, 1859. A Few Words on Non-intervention, 1859 On Liberty, 1859 Thoughts on Parliamentary Reform, 1859. Considerations on Representative Government, 1861 Centralisation, 1862, Edinburgh Review The Contest in America, 1862, Harper's Magazine Utilitarianism, 1863 An Examination of Sir William Hamilton's Philosophy, 1865. Auguste Comte and Positivism, 1865. Inaugural Address at St. Andrews - Rectorial Inaugural Address at the University of St. Andrews, concerning the value of culture, 1867. Speech In Favor of Capital Punishment", 1868 England and Ireland, 1868. Thornton on Labor and its Claims, 1869, Fortnightly Review The Subjection of Women, 1869 Chapters and Speeches on the Irish Land Question, 1870 On Nature, 1874 Autobiography of John Stuart Mill, 1873 Three Essays on Religion, 1874 Notes on N.W. Senior's Political Economy, 1945, Economica

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse ekonome Kategorie:Engelse filosowe Kategorie:Engelse politici Kategorie:Geboortes in 1806 Kategorie:Sterftes in 1873