duimnael|250px|Die Kaapkolonie is om handelsredes gevestig … en 'n handelssentrum het geld nodig.

Die muntgeskiedenis van die Kaapkolonie bevat drie periodes. Die eerste, die Nederlandse koloniale periode loop vanaf 1652 tot die begin van die tweede Britse besetting (1806). Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap dieselfde geldsisteem as Nederland en sy kolonies. Die tweede periode loop van die begin van die tweede Britse besetting (1806) tot die herroeping van die rijksdaalder notas in 1824. Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap beide die Nederlandse geldsisteem en die Britse geldsisteem. Die derde periode is die Britse koloniale periode wat vanaf 1824 geloop het totdat Suid Afrika sy eie munte in 1923 gekry het. Gedurende die begin van hierdie periode is die ou Nederlandse geld herroep en die Kaap het Britse geld gebruik.

Nederlandse kolonie Geldreken in 17de en18de eeu Nederland16 penning = 1 stuiwer20 stuiwer = 1 gulden In 1652 is die Nederlandse Kaapkolonie deur Jan van Riebeeck gestig. Tydens die VOC se dae is gulden, stuiwer en pennings deur boekhouers in Amsterdam gebruik. Daar was 16 pennings in een stuiwer en 20 stuiwers in een gulden. Die gulden was ongeveer twee Engelse sjielings (R 0,20) werd. Hierdie wisselkoers het tot 1967 geduur. Daar was geen een-tot-een ooreenkoms tussen rekenkunde en munte nie en ook was daar geen penning munte nie: die kleinste munt is die doit (vier pennings). In 1694 is die muntsisteem oor die sewe provinsies gestandaardisser. Van daardie datum af, is die munte uit elke provinsie dieselfde behalwe die wapen van die provinsie maar nogtans is die wisselkoers tussen goud en silwer munte nie vasgestel nie; hulle het gewissel in ooreenstemming met die relatiewe prys van goud en silwer. Verdere verordeninge is deur die Nederlandse staatsgeneraal is in 1710, 1720 en 1730 gepubliseer om die verslag van munte in die sewe provinsies te reguleer.

Lys van Nederlandse munte tydens die 17de en 18de eeuMuntMetaalWaarde(stuiwer)Gewig(g)Goue rijderWaarde het gewissel. Die hoogste waarde is hier bewys. Die laagste silwer munte se waarde was tot 10% laer en die laagste goud munte se waarde was tot 30% laer.goud28010,00Goue dukaatgoud1003,51Riksdaaldersilwer5229,03Leeuendaaldersilwer4227,68Daaldersilwer3020,68Florijnsilwer2817,3Silwer Dukaatsilwer5028,25Silwer Rijdersilwer6332,78Drie Guldensilwer6031,68Guldensilwer2010,61Schellingsilwer64,95Doitkoper in Nederland in Oost Indies2,0 Notas

Tydens die laaste helfte van die agtiende eeu is min silwermunte deur die verskillende Nederlandse provinsies geslaan, maar heelwat silwermunte is in die Spaanse kolonies in Amerika geslaan. Hierdie munte, veral die agt-real-munt of Spaanse peso word dwarsdeur die wêreld gebruik. Aangesien baie vreemde skepe saam met die Nederlandse skepe verversings by die Kaap gekry het, kom sulke munte in die Kaap in sirkulasie.

Die verskillende provinsies het ook munte namens die VOC geslaan. Hierdie munte, wat bedoel is vir gebruik in die Nederlands Oos-Indië is met die letters "VOC" gestempel. Al is die VOC doit dieselfde grootte as the Nederlandse doit, is daar slegs vier doite in een stuiwer in die Nederlands Oos-Indië in plaas van agt doite in die stuiwer in Europa. Hierdie verskil is geregverdig deur die vervoerkoste van die muntstukke tussen Nederland en die Verre-Ooste.

In 1782 het die VOC hul laaste dividend betaal en hulle het ook papiergeld (die Ryksdaalder) gedruk. Hierdie papiergeld is teen die VoC se kapitaal gewaarborg.

Tweede Britse besetting duimnael|Oorgestempelde Spaanse dollar Op 6 en 7 Januarie 1806 het die Britse magte onder die bevel van Luitenant Generaal sir David Baird die Kaapkolonie by Melkbosstrand ingeval en op 10 Januarie 1806 is Kaapstad aan die Britte oorhanding. Volgens die Articulen van Capitulatie bly papiergeld in sirkulasie. Die staatseiendom is aan die Britte oorhanding en word die waarborg vir die papiergeld.Soos in die Kaapsche Courant van 11 Januarie 1806 gepubliseer As gevolg van skepe van verskeie lande wat in Kaapstad verversings gekoop het, is verskeie geldsoorte in sirkulasie. Dus het Baird 'n proklomasie gemaak om the waarde van verskeie munte in die kolonie te vas te stel. Invoer en uitvoer van goud en silwer munte met 'n bedrag hoër as tien Britse pond was ook verbode.

MuntSkillingsStuiversSterlingMetaalgewigGhienie (guinea)44264£1.2.0goud8.35 gDoubloons (16 Spaanse dollars)160960£4.0.0goud27.1 gJohanna (8 Spaanse dollars)80480£2goud28,7 gSequin uit Venesie191149s 6dDukaat [rijksdaalder]19114 9s 6dsilwer27,9 gGoue mohur (15 rupees)£1.17.6goud11,66 gPagoda16968s 0dgoudSpaanse dollar (of piece of eight)10605ssilwer27.1 gRoepee5302s 6dsilwer11,66 gEngelse sjieling2121ssilwerKoper munt (Doit?)22dkoper Met die Kongres van Wene (1815) word die Kaap 'n Britse kolonie.

Britse kolonie Britse geldrekenvoór 197112 pennies1 sjieling20 sjieling1 pond

duimnael|Pond of sovereign van George IV (1828) duimnael|Twee sjieling munt van Victoria (1849). Die letters "D.G." (Deo Gloria) verskyn nie op hierdie munt nie, dus word dit as die "Godless florin" bekend. duimnael|Teken munte vervaardig vanaf 1874 deur Strachan & co vir gebruik in Griekwaland-Oos Tussen 1758 en 1816 is min munte in die Verenige Koninkryk geslaan. In sommige jare is Spaanse agt real munte oorgestempel met die Britse waarde. In 1816 is die muntstelsel hervorm, die ghienie (wat se waarde met die goudprys gewissel het) is deur 'n goue pond (of sovereign) vervang met 'n vaste waarde van 20 sjielings. Nuwe silwer munte is geslaan en dwarsdeur die Britse ryk versprei.

Die Britse munte in omloop vanaf 1824 is MuntMetaalgewigSovereigngoud7,98 gHalwe sovereigngoud3,99 gvyf sjielings (of kroon)silwer28,3 ghalfkroonsilwer14,14 gfloryn (2/-)(vanaf 1849)silwer11,31 gsjielingsilwer5,66 gses penniessilwer2,83 gdrie pennies (tickie)silwer1,41 geen penniekoper18,8 g (tot 1859)9,4 g (vanaf 1860)halwe penniekoper9,4 g (tot 1859)5,67 g (vanaf 1860)kwart pennie of oortkoper4,7 g (tot 1859)2,9 g (vanaf 1860)

In 1849 is die twee sjieling munt vir die eerste maal gestempel. Tussen 1892 en 1900 is hierdie muntsisteem deur die Zuid-Afrikaansche Republiek gebruik en tussen 1923 en 1961 is dit deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik. Al gebruik die Kaap Britse munte gedurende hierdie periode, kry die drie pennie munt sy eie Suid-Afrikaanse naam – die "'tiekie". Die woord "tiekie" kom van die Maleise woord "tiga" of "drie".

Toe die Kaapkolonie in 1806 deur die Britte oorgeneem is, is die papiergeld in omgang deur die Kaapse bates van die Bataviese regering gewaarborg. Vanaf 1824 begin die Britse regering om die Spaanse munte deur die hele Britse Ryk met Britse munte te vervang. In die Kaap geld dit ook vir rixdaalers. Tussen 1806 en 1824 het die waarde van die Bataviese waarborg gedaal en in 1825 is die rixdaaler net 1/6 (R0,15) werd in plaas van die vier sjilings (R0,40) in 1806.

In 1815 is die eerste Suid-Afrikaanse munte gestempel – Eerw. John Campbell, 'n Skotse sendeling het die munt van tekenmunte gereël vir gebruik in Griekwastad. Die waarde van hierdie munte was pennie, pennie, 5 pennies en 10 pennies. In latere jare het verskeie mense ook tekens gestempel. Die mees bekende van hierdie tekens is die tekens van Strachan en kie wat gestempel is vir gebruik in Starchan en kie se winkels in Griekwaland-Oos. (LW - Vanaf 1879 is Griekwaland-Oos 'n gedeelte van die Kaapkolonie).

Bibliografie Pretorius, Fransjohan: Munte in omloop in die Kaap in die VOC se tyd. Terugblik. In: Die Burger, 3 Januarie 2024

Verwysings

Kategorie:Geldeenhede Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika