Paramount Pictures Corporation (meer algemeen bekend as Paramount Studios of net eenvoudig Paramount) is 'n Amerikaanse filmateljee, vervaardiger van televisieprogramme en rolprentverspreider. Paramount word deurgaans tot een van die Groot 6 filmateljees van Hollywood gereken. Dit is 'n filiaalmaatskappy van die Amerikaanse konglomeraat Paramount Skydance Corporation en 'n lid van die Motion Picture Association of America (MPAA). Paramount is die vyfde oudste steeds-funksionerende filmateljee in die wêreld, en die oudste in die Verenigde State.
duimnael|links|Stigterslede van Famous Players, wat kort daarna Paramount Pictures geword het. Paramount vorm die basis van 'n volledig verdeelde groep. Paramount sluit ook Paramount Home Entertainment, Paramount Classics, Paramount Vantage, DreamWorks SKG (2006–2008) en die musiekverspreidingsonderneming Famous Music in.
Dit is die laaste groot filmstudio wat steeds in Hollywood (in Melroselaan) geleë is. Dit is in teenstelling met onder andere Sony Pictures Entertainment (Culver City), 20th Century Fox (Century City) en Universal Studios (Universal City).
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste Paramount Pictures op IMDB.com
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Rolprentmaatskappye