Die Kerguelenseeswael (Sterna virgata) is seeswael wat in die Marion- en Prins Edward-eilande leef. Die voël is 31 cm lank en vreet insekte wat hulle op oop grasvlaktes vang. Dit staan ook bekend as die Kerguelensteretjie en in Engels staan die voël bekend as die Kerguelen tern.
Identifikasie Die voël is donkerder grys as die Arktiese sterretjie. Die stert is grys, onder die vlerke is dit ook grys en die snawel is korter en smaller. Die jong voël is donkerder en duideliker gestreep as die jong Grysborssterretjie.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.
Verwysings
Kategorie:Sterretjies