duimnael|’n Kaart van die Storegga-aardverskuiwings.

Die drie Storegga-aardverskuiwings word beskou as van die grootste bekende aardverskuiwings. Hulle het onder die water plaasgevind, aan die rand van Noorweë se kontinentale plat (Storegga is Noorweegs vir "die Groot Rand "), in die Noorse See, 100 km noordwes van die Møre-kus. Dit het ’n baie groot tsoenami veroorsaak in die Noord-Atlantiese Oseaan.

Die verskuiwing het ’n kuslyn van sowat 290 km lank geraak en ’n totale volume van 3 500 km3 puin geskep. Dit is gelyk aan die volume van ’n gebied so groot soos Ysland wat 34 m diep begrawe word.

Volgens die radiokoolstofdatering van plantmateriaal wat verkry is uit afsaksels wat deur die tsoenami veroorsaak is, was die laaste voorval omstreeks 6225–6170 v.C. In Skotland is oorblyfsels gevind tot 80 km die binneland in en 4 m bo die huidige normale getyvlakke.

Uitwerking op beskawings Teen die tyd van die aardverskuiwing, of net daarvoor, het ’n landbrug wat geoloë en argeoloë Doggersland noem, bestaan. Dit het Brittanje, Denemarke en Nederland verbind oor wat nou die suidelike Noordsee is. Die gebied het vermoedelik uit ’n kuslyn van lagunes, brak vleie, moddervlaktes en strande bestaan wat ’n vrugbare terrein vir jag en hengel was vir die mense van die Middel-Steentydperk.Bryony Coles, "Doggerland Project", University of Exeter Department of ArchaeologyTony Robinson, "Britain's Stone Age Tsunami", Time Team specials, Channel 4 Television, 30 Mei 2013

Hoewel Doggersland fisies weens ’n geleidelike toename in seevlakke onder die water verdwyn het, is voorgestel dat kusgebiede van beide Brittanje en die Europese vasteland, wat dele insluit wat nou onder die water is, oorstroom sou gewees het deur ’n tsoenami wat deur die Storegga-aardverskuiwing veroorsaak is. Dis sou ’n katastrofale impak op die beskawings in hierdie gebiede gehad het, en mense van Brittanje afgesny het van dié op die vasteland.

Verwysings

Eksterne skakels BBC: "The moment Britain became an island", 14 Februarie 2011 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Tsoenami's Kategorie:Atlantiese Oseaan Kategorie:Noordsee Kategorie:Geskiedenis van Noorweë Kategorie:Geskiedenis van Skotland Kategorie:Geskiedenis van Ysland Kategorie:Faroëreilande