2016 Formule 1 Britse Grand Prix 200px Datum 10 Julie 2016 Plek Silverstone Voorste wegspringplek Renjaer Lewis Hamilton Mercedes AMG Tyd 1:29.287 Vinnigste ronde Renjaer Nico Rosberg Mercedes AMG Tyd 1:35.548 (rondte 46) Podium 1 Lewis Hamilton Mercedes AMG 2 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer 3 Nico Rosberg Mercedes AMG Die 2016 Formule Een Britse Grand Prix is op 10 Julie 2016 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Brittanje gehou. Dit was die tiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen.

Toetsjaers Charles Leclerc maak sy Formule Een-debuut in die eerste vrye oefening, in die plek van Esteban Gutiérrez in die Haas F1-span. Esteban Ocon het sy tweede verskyning van die seisoen vir Renault gemaak, in die plek van Kevin Magnussen.

Bande Bandverskaffer Pirelli verskaf spanne met die sagte, medium en harde samestellings van die P-Zero band - die drie hardste samestellings beskikbaar - vir die wedren, asook twee soorte reënbande.

+ Bande vir gebruik te Silverstone Bande vir 'n droë baan Reënbande 50pxSag 50pxMedium 50pxHard 50pxTussen-in 50pxReën

Mercedes se nuwe bestuurders-interaksiebeleid Na aanleiding van die botsing tussen Lewis Hamilton en Nico Rosberg op die laaste rondte van die Oostenrykse Grand Prix, het Mercedes 'n nuwe bestuurderbestuursbeleid ingestel. Dit dikteer die bepalings waarvolgens Hamilton en Rosberg mekaar die stryd mag aansê, maar belowe ook swaar strawwe in geval van onderonsies tussen mekaar tydens die wedren.

Oefensessies Ná 'n vlekkelose eerste oefenrondte, waarin Lewis Hamilton en Nico Rosberg eerste en tweede was met 'n groot voorsprong bo hul kompetisie, het die tweede sessie op Silverstone minder voorspoedig verloop vir Mercedes. Hamilton was weliswaar weer die vinnigste, maar die Red Bull-renjaers bly in sy nek blaas. Rosberg kon weens 'n probleem met sy motor glad nie in aksie kom in die tweede sessie nie.

'n Probleem word aan Rosberg se motor ontdek net voor die begin van die sessie. Die skutplaat van die Mercedes is afgehaal en verskeie tegnikusse het onder die motor gelê om die probleem te probeer oplos. 'n Waterlek is vermoed, en na 'n halfuur lyk alles reggestel, maar toe nie. Rosberg, wat net ingegordel was, het weer uit sy motor geklim. Sy sessie is verby, so berig Mercedes, sonder dat dit vir hom eers moontlik was om uit die kuipe weg te trek.

'n Terugslag dus vir die Wêreldbekervoorloper, wat so 'n anderhalfuur se amptelike oefentyd aan sy neusie sien verbygaan het. Sy spanmaat Hamilton moes dus maar uithaal vir Mercedes, en het gesorg dat die span soos gewoonlik weer bo-aan die rondtetye gestaan het. Die wêreldkampioen stel 1.31.660 op as vinnigste tyd en was daarmee feitlik net so vinnig as gedurende die oggend.

Kwalifisering PosNoRenjaerVervaardigerK1K2K3Rooster 1 44 Lewis Hamilton Mercedes 1:30.739 1:29.243 1:29.287 1 2 6 Nico Rosberg Mercedes 1:30.724 1:29.970 1:29.606 2 3 33 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer 1:31.305 1:30.697 1:30.313 3 4 3 Daniel Ricciardo Red Bull-TAG Heuer 1:31.684 1:31.319 1:30.618 4 5 7 Kimi Räikkönen Ferrari 1:31.326 1:31.385 1:30.881 5 6 5 Sebastian Vettel Ferrari 1:31.606 1:30.711 1:31.490 11 Vettel loopt ook in Engeland tegen gridpenalty aan URL besoek op 9 Julie 2016. 7 77 Valtteri Bottas Williams-Mercedes 1:31.913 1:31.478 1:31.557 6 8 55 Carlos Sainz jr. Toro Rosso-Ferrari 1:32.115 1:31.708 1:31.989 7 9 27 Nico Hülkenberg Force India-Mercedes 1:32.349 1:31.770 1:32.172 8 10 14 Fernando Alonso McLaren-Honda 1:32.281 1:31.740 1:32.343 9 11 11 Sergio Pérez Force India-Mercedes 1:32.336 1:31.875 10 12 19 Felipe Massa Williams-Mercedes 1:32.146 1:32.002 12 13 8 Romain Grosjean Haas-Ferrari 1:32.283 1:32.050 13 14 21 Esteban Gutiérrez Haas-Ferrari 1:32.237 1:32.241 14 15 26 Daniil Kvyat Toro Rosso-Ferrari 1:32.553 1:32.306 15 16 20 Kevin Magnussen Renault 1:32.729 1:37.060 16 17 22 Jenson Button McLaren-Honda 1:32.788 17 18 30 Jolyon Palmer Renault 1:32.905 18 19 88 Rio Haryanto MRT-Mercedes 1:33.098 19 20 94 Pascal Wehrlein MRT-Mercedes 1:33.151 20 21 12 Felipe Nasr Sauber-Ferrari 1:33.544 21 107% tyd: 1:37.074 22 9 Marcus Ericsson Sauber-Ferrari geen tyd Kuipe Ericsson moet kwalificatie in Engeland definitief missen URL besoek op 9 Julie 2016.

Laaste voorval Rosberg ontvang naby die einde van die wedren instruksies van sy span, nadat hy te make het met 'n ratkasprobleem. Hy is vanuit die kuipe laat weet hoe om hierdie probleem reg te stel en wat hy moes doen om verdere skade te voorkom. Dit blyk teen die nuwe radioreglement te wees, wat voorskryf dat spanne nie hul renjaers oor die radio mag help nie.

Die beamptes begin 'n ondersoek en om 16:00 moes Rosberg voor hulle aanmeld. Na ongeveer 'n driekwartuur vertrek die Mercedes-renjaer uit hul kantoor, waarna die hoë menere oor 'n straf besin. Die stewards neem vervolgens hul tyd om 'n eiertjie te lê. Rosberg word skuldig bevind en kry 'n tydstraf van tien sekondes in die ren. Rosberg krijgt tien seconden straf, Verstappen naar P2 URL besoek op 10 Julie 2016 Hierdeur staan hy sy tweede plek af aan Verstappen en dus krimp sy voorsprong oor spanmaat Lewis Hamilton in die F1-seisoen tot slegs één punt.

Renuitslag Die wedren word deur Lewis Hamilton gewen, sy vierde oorwinning van die seisoen, asook die vierde jaar wat hy sy tuiswedren wen. Hamilton wint op nat Silverstone, weer podium Verstappen URL besoek op 10 Julie 2016

Pos No Bestuurder Span Rondtes Tyd Rooster Punte 1 44 Lewis Hamilton Mercedes 52 1:34:55.831 1 25 2 33 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer 52 +8.250 3 18 3 6 Nico Rosberg Mercedes 52 +16.911 2 15 4 3 Daniel Ricciardo Red Bull-TAG Heuer 52 +26.211 4 12 5 7 Kimi Räikkönen Ferrari 52 +1:09.743 5 10 6 11 Sergio Pérez Force India-Mercedes 52 +1:16.941 10 8 7 27 Nico Hülkenberg Force India-Mercedes 52 +1:17.212 8 6 8 55 Carlos Sainz jr. Toro Rosso-Ferrari 52 +1:25.858 7 4 9 5 Sebastian Vettel Ferrari 52 +1:31.654 11 2 10 26 Daniil Kvyat Toro Rosso-Ferrari 52 +1:32.600 15 1 11 19 Felipe Massa Williams-Mercedes 51 +1 rondte 12 12 22 Jenson Button McLaren-Honda 51 +1 rondte 17 13 14 Fernando Alonso McLaren-Honda 51 +1 rondte 9 14 77 Valtteri Bottas Williams-Mercedes 51 +1 rondte 6 15 12 Felipe Nasr Sauber-Ferrari 51 +1 rondte 21 16 21 Esteban Gutiérrez Haas-Ferrari 51 +1 rondte 14 17 20 Kevin Magnussen Renault 49 16 DNF 30 Jolyon Palmer Renault 37 Remme 18 DNF 88 Rio Haryanto MRT-Mercedes 24 Tol 19 DNF 8 Romain Grosjean Haas-Ferrari 17 13 DNF 9 Marcus Ericsson Sauber-Ferrari 11 Enjin Kuipe DNF 94 Pascal Wehrlein MRT-Mercedes 6 Tol 20

Puntestand na afloop van die Grand Prix Renjaers

Posisie Nommer Jaer Span Punte 1 6 Nico Rosberg Mercedes 168 2 44 Lewis Hamilton Mercedes 167 3 7 Kimi Räikkönen Ferrari 106 4 3 Daniel Ricciardo Red Bull-TAG Heuer 100 5 5 Sebastian Vettel Ferrari 98 6 33 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer 90 7 77 Valtteri Bottas Williams-Mercedes 54 8 27 Sergio Pérez Force India-Mercedes 47 9 19 Felipe Massa Williams-Mercedes 38 10 8 Romain Grosjean Haas-Ferrari 28 11 27 Nico Hülkenberg Force India-Mercedes 26 12 55 Carlos Sainz jr. Toro Rosso-Ferrari 26 13 26 Daniil Kvyat Toro Rosso-Ferrari 23 14 14 Fernando Alonso McLaren-Honda 18 15 22 Jenson Button McLaren-Honda 13 16 20 Kevin Magnussen Renault 6

Vervaardigers Posisie Span Punte 1 Mercedes 335 2 Ferrari 204 3 Red Bull-TAG Heuer 198 4 Williams-Mercedes 92 5 Force India-Mercedes 73 6 Toro Rosso-Ferrari 41 7 McLaren-Honda 32 8 Haas-Ferrari 28 9 Renault 6 10 MRT-Mercedes 1

Verwysings

Kategorie:Britse Grand Prix Brittanje