Cassius Baloyi (geb. 5 November 1974 in Malamulele) is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse bokser. Sy bynaam was Mr. Shy Guy. Hy het tussen 1996 en 2008 in drie gewigsafdelings — junior veergewig, veergewig en junior liggewig — ’n rekordaantal van ses wêreldtitels van kleiner boksliggame verower. Hy is 2008 as Suid-Afrika se bokser van die jaar aangewys.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Die Cassius Baloyi-akademie is in Januarie 2010 geloods. Dit is 'n nie-winsgewende maatskappy wat minderbevoorregte jeug, veral die van Alexandra, leer boks. Die akademie is by Sanabo en die plaaslike JABO-bokskomitee geaffilieer.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense