Hierdie artikel bekyk Duits as vreemde taal oor die wêreld heen. In die besonder word gefokus op die Duits wat by geregistreerde instansies en staatsinstellings aangebied word.

Tans is Engels orals in die Duitstalige lande teenwoordig, maar Duits het nie daarom onbelangriker geword nie. Inteendeel, Duits het oor die afgelope jare belangriker geword in baie wêrelddele. Die aantal mense wat Duits aanleer het groter geword, moontlik weens die beeld van die Duitstalige lande. Mense leer veral Duits danksy die politiese stabiliteit en ekonomiese mag van die DACH-lande Duitsland, Oostenryk en Switserland. Hulle wil by Duitse maatskappye werk of in een van die drie lande studeer. Dikwels word Duits nie om sy "romantieke" literêre waarde – soos Goethe – geleer nie. Omstreeks 1900 is Duits toenemend aangeleer weens die Duitse Keiserryk se mag en die sukses van Duitse wetenskaplikes wat baie Nobelpryse ingepalm en tegnologiese wondere tot stand gebring het. Duits het in wese net so belangrik soos Engels en Frans geword.

Engels is die Westerse taal wat tans die meeste ter wêreld wydverspreid voorkom en die Duitssprekendes sal nie skroom om Engels te gebruik nie. Baie wetenskaplike werke wat oorspronklik in Duits geskrywe is, is nog nie in Engels vertaal nie. Dit skep probleme. As die wetenskaplikes ook nie hul werk in Engels skryf nie, word hulle en hul goeie werk nie in die buitewêreld raakgesien nie.

Taalnavorsers soos Ammon vind dit "fataal" wanneer Duitse politici in die buiteland net Engels praat, veral in lande met belangrike Duitse minderhede soos Brasilië en die VSA. Die politici sal daar tweetalig optree, in Duits en Engels. Dit sou nutteloos wees om Duits aan te leer indien die Duitse politikus, diplomaat of afgevaardigde slegs in Engels praat. Dit werk egter net so teenproduktief wanneer Duitse taalaanleerders in Engels deur Duitssprekendes beantwoord word.

In die jaar 2015 het daar wêreldwyd omtrent 15,46 miljoen mense Duits as vreemdetaal aan verskeie instansies geleer.de.Statista.com: Anzahl der Deutsch lernenden Personen in Ländern weltweit (TOP 15) im Jahr 2015 Top 15 lande wat Duits as vreemde taal studeer hetPole2 288 125Groot-Brittanje1 547 994Rusland1 546 062Frankryk1 005 444Oekraïne715 460Oesbekistan508 142Verenigde State van Amerika499 846Turkye467 813Italië434 881Hongarye434 761Nederland411 895Tsjeggië339 941Bosnië en Herzegowina306 947Griekeland268 530Slowakye261 405

Begrippe 1. DaF verwys na Deutsch als Fremdsprache (Duits as Vreemde taal). Volgens die vergelykende tabel met die gestandaardiseerde Europese verwysingskader kan die TestDaF (die verskeie eksamens wat onder andere deur skole afgelê word) strek vanaf TDN3 (B2.1.-B2.2), TDN4 (B2.2-C.1.1) tot TDN5 (C1).TestDaF: GER Kortom, tussen B2 en C1. 2. Die Test Deutsch als Fremdsprache is 'n toets wat afgelê word wat die voornemende student onder meer die vergunning kan gee om hom of haar by 'n Duitse universiteit of skool in te skryf (waar in die Duits as die onderrigtaal gebesig word), of as uitruilstudent opgeneem te word. 3. Die EWB verwys na die Einwandererbund of immigrantevereniging.

Afrika Kameroen Kameroen het drie regerings agtereenvolgens gehad wat elkeen sy afsonderlike taalbeleid afgedwing het. Aanvanklik word Kameroeners na Europa self gestuur om daar as tolke opgelei te word vir die handel. Later het Engelse Baptiste in plekke soos Victoria Engels as onderrigmedium aangebied, aangesien die kinders van vrygestelde slawe uit die Amerikas, Sierra Leone en Fernando Po reeds 'n Pidginengels gepraat het. Omrede die Baptiste juis sendingwerk gedoen het, was hulle ook gretig om die volkstale te leer ken.

Op 12 Julie 1884 word Kamerun amptelik die protektoraat van Duitsland. Die Baptiste het teen daardie tyd reeds 24 sendingstasies gestig wat die volkstaal gebruik het, asook vyf bykomende Engelsmediumskole. Die Engelse Baptiste het nou verslag gedoen aan die Duitssprekende Basel-sendinggenootskappe. Die nuwe sendelinge het twee volkstale (Douala en Mungaka) vanuit Suid- en Wes-Kamerun gebruik om sendingwerk mee te doen. Die Amerikaanse Presbiteriane is toegelaat om in Engels en ander volkstale pleks van Duits as onderrigtaal mee voort te sit. Vir 'n tyd lank is Pidginengels toegelaat om as taal in die handel en weermag gebruik te word. Maar in 1907 besluit Goewerneur Seitz alle onderrig moet voortaan slegs in Duits geskied. Hy was wel bereid om die volkstaal toe te laat, maar het dit probeer ontmoedig: die leerlinge sou tog hul hoërskoolloopbane in Duitsland moes voortsit, want in daardie jare is slegs laerskole, handelskole en seminaarskole in Kamerun aangebied.

Kameroen het 'n groot verskeidenheid tale, in so 'n mate dat nie een van die volkstale algemeen in al die landstreke gepraat word nie (wat anders is as Swahili in Oos-Afrika, wat tydens kolonisering maklik as lingua franca gebruik kon word). Teen 1910 was die vrees daar dat die een volkstaal die ander sal begin oorheers, wat die een volk meer oorheersend sal maak as ander, wat konflik tot gevolg sou hê. Daarom het die Duitse owerheid op 10 April 1910 aangekondig dat slegs die Duitse taal saam met die onmiddellike volkstaal in die gebied gebruik mag word. Dit was veral gedoen om Douala in te perk wat wydverspreid in die onderrigtaal gebruik is; anders sou die voortgesette neiging meer mag en prestige aan die Doualavolk gegee het. Die daaropvolgende regerings het almal dieselfde gedoen.

In 1914 breek die Eerste Wêreldoorlog uit en die skole word vir twee jaar lank gesluit. Na afloop van die oorlog palm Frankryk vier-vyfdes van Kamerun in en regeer uit Parys oor die kolonie. Die Britte het die ander vyfde beheer. Sedert 1921 was Frans die enigste onderrigmedium wat toegelaat is in die Franssprekende Kameroen. Die onderwysers is verbied om die volkstale of Pidginengels te besig. Die hoërskoolloopbane is nou in Frankryk voortgesit. Voor die onafhanklikheid van Kameroen in 1960 was die handboeke op die Kameroense skoolbank presies dieselfde as dié in Frankryk. In die Engelssprekende deel het Brittanje dieselfde beleid soos in Nigerië gehandhaaf: die eerste vier skooljare in die volkstaal, die res van die skoolloopbaan in Engels.Todd, L. 1984. Language options for education in a multilingual society: Cameroon. In: Kennedy, C. (ed.). Language Planning and Language Education. London: George Allen & Unwin. pp. 160-171.

Nietemin het die belangstelling in Duits sedert die jaar 2000 voortdurend bly styg. Teen 2015 het die aantal leerlinge wat Duits studeer, vergeleke met 2010 (en in ooreenstemming met die demografiese ontwikkeling), met 10% gestyg na ongeveer 230 000. Daar is altesaam 2 133 skole wat Duits aanbied. Duits moet egter ook meeding met ander tale soos Sjinees, Spaans, Arabies en Italiaans, maar het gestabiliseer en daarop uitgebou. Dit is hoofsaaklik die gevolge van die meer vrye teuels wat die skole gegee is. Voorheen kry mense die ampstale Engels en Frans as onderrigtale, met Spaans en Duits wat elk tradisioneel in die kurrikulum as die eerste nie-nasionale vreemde taal aangebied is. Maar nou is ook Italiaans, Arabies en Sjinees by die leerplan opgeneem. In party skole is ook as 'n proeflopie verskeie Kameroentale opgeneem. Duits is neffens Spaans in die Franstalige skoolstelsel, naas Engels, die eerste vreemde taal wat onderrig word wat nie die amptelike landstaal is nie. Duitse universiteite het ook heelwat voornemende studente uit Kameroen met sukses gewerf. Teen die Europese Wintersemester 2012/2013 het altesaam 5 833 Kameroense studente by die universiteite ingeskryf; ongeveer soveel as die aantal studente uit die buurland van Duitsland, Frankryk.

In 2008 en 2009 word 'n nuwe onderwysopleidingsentrum in Maroua geopen. Daar kry in die vak Duits in die reël 30 studente per jaar wat die vak studeer: 20 op die voorgraads- en 10 op die meestersgraadvlak. Intussen is daar ook ongeveer 300 voornemende onderwysers wat die vak Duits neem. Ongeveer 120 studeer Duits vanaf die eerste- tot derdejaar wat in die jaar 2012 begin het.

Die aantal leerlinge en studente sien soos volg daaruit:

AantalAfdeling 229 200 Totale aantal persone wat Duits studeer 220 457 Aantal DaF-leerlinge in die skole 1 880 Aantal studente wat op universiteit of buitemuurs Duits studeer het in 2015 4 000 DaF-leerlinge aan die EWB (sonder die Goethe-Institut)

Mosambiek Tydens die Portugese bewind was Duits 'n keusevak in die handjievol hoërskole wat uitgesit was vir die Portugese en diegene wat hul tot die Portugese kultuur assimileer het. Sedert 1975 se onafhanklikheid was daar vir drie dekades geen sprake van Duits in die Mosambiekse klaskamer nie. Weens die besondere band tussen die Volksrepubliek Mosambiek en die DDR, is Duits vir 'n tydjie lank (omstreeks 1978 tot 1981) opsioneel aangebied aan die Univeriteit Eduardo Mondlane in Maputo (vir diegene wat moderne vreemdetale studeer (letras modernas).

In 2003 rig Mosambiekers wat teen die einde van die 1980's uit die DDR na Mosambiek teruggekeer het, die Ambassade vir die Duitse Bondsrepubliek in Maputo op. Die Deutschen Entwicklungsdienst (DED) was weer betrokke by die Deutsch-Mosambikanischen Freundschaftsvereines (Associação de Amizade Moçambique-Alemanha/AAMA). Later, in 2017, groei Centro Cultural Moçambicano-Alemão (CCMA) Goethe-Zentrum uit verskeie organisasies. In 2005 was daar 130, in 2010 geen en in 2015 500 volwassenes wat Duits in Mosambiek geleer het.

Hoewel Duits in 2017 steeds nie deel van die nasionale skoolleerplan uitmaak nie, is daar tog 'n groeiende belangstelling by beroep-, handel- en buitelandse skole, soos Instituto Comercial de Maputo, Instituto Industrial e Comercial da Beira, American International School of Mozambique en Skandinaviska Skolan i Maputo.Bornscheuer, S. 2017. Deutsch in Mosambik. eDUSA, 12(1)

Die aantal leerlinge en studente sien soos volg daaruit:

AantalAfdeling 700 Totale aantal persone wat Duits studeer 200 Aantal DaF-leerlinge in die skole (onbekend) Aantal studente wat op universiteit of buitemuurs Duits studeer het in 2015 500 DaF-leerlinge aan die EWB (sonder die Goethe-Institut)

Suid-Afrika duimnael|350px|regs|Die binnehof van die Goethe-Institut tydens die OpenAfrica-week, 4 Desember 2015, Johannesburg Duitsonderrig het sedert 1830 'n amptelike skoolvak in Suid-Afrika geword; na enkele onderbrekings word eksamens vir Duits vanaf 1860 afgelê. In 1918 word leerstoele by die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad ingerig. In die aanvang van die 1960's word aan alle blanke universiteite Duits aangebied en tot die 1970's ook aan vier nieblanke universiteite. By elke groot Afrikaanssprekende blanke skool is "Duits Derde Taal" aangebied, terwyl Engelse skole se derdetaal meestal Latyn en sporadies Frans was. Tot aan die begin van die 1970's was die universiteitstoelatingsvakke hetsy Wiskunde of 'n derdetaal wat in matriek (Senior Sertifikaat) afgelê moes word. Nederlands kon hier nie as derdetaal tel nie, omdat die Wet tot 1983 Afrikaans sinoniem met Nederlands beskou het (lees Erkenning van Afrikaans). By die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys is 'n student wat byvoorbeeld Afrikaans wou neem selfs in die 1980's nog aangeraai om Latyn of Duits te ken (ten opsigte van die Afrikaanse grammatika), terwyl 'n voornemende doktorsgraadstudent in hetsy die Afrikaanse letterkundige of grammatikarigting Frans of Duits moes ken: