duimnael|300x300px|'n Dubbelkantige binneveermatras met 'n kussingbolaag op 'n kisveerbasis en met 'n geweefde damas-bedekking. (Vervaardiger deur Shifman Matras)
'n Matras is 'n groot kussing wat aan 'n lêende liggaam ondersteuning bied, wat as 'n bed of as 'n gedeelte van 'n bed gebruik word. Matrasse kan bestaan uit 'n deurgestikte of vasgebinde oortreksel, gewoonlik van 'n swaar materiaal, wat hare, strooi, katoen, skuimrubber, ens. bevat, of 'n raamwerk van staalvere."Mattress". Matrasse kan ook met lug of water gevul word.
Die woord matras is afgelei van die Arabiese matrah, wat "iets neergegooi" of "plek waar iets neergegooi is" beteken en dus "mat of kussing". Tydens die Kruistogte het Europeërs die Arabiese metode van slaap op kussings op die vloer aangeleer, en die woord materas het uiteindelik inslag gevind in Middelengels deur die Romaanse tale.
Matrasse word gewoonlik bo-op 'n bedbasis neergesit, wat solied kan wees, soos in die geval van 'n platformbed, of elasties, bv. met 'n gestoffeerde kisveer van hout en draad of 'n hortjiebasis. 'n Divan, wat gewild is in Europa,"Divan". behels sowel die matras as die basis in 'n enkele gestoffeerde eenheid met pote. Divans het ten minste een binneveerlaag, asook kussingmateriaal. Hulle kan ook 'n sekondêre matras en/of 'n verwyderbare bolaag hê.
Matrasse het aanvanklik 'n verskeidenheid van natuurlike materiale bevat soos strooi, vere of perdehare. In die eerste helfte van die 20ste eeu het 'n tipiese matras wat in Noord-Amerika verkoop is, 'n binneveerkern en katoenrolle of veselvulsel bevat. Moderne matrasse bevat gewoonlik óf 'n binneveerkern of materiaal soos lateks, viskose-rek of ander soorte buigsame poliuretaanspons. Ander vulbestanddele is onder meer isolasiekussings oor die vere wat keer dat die bed se bekleedsel nie in die binnevere indruk nie, asook poliësterveselvulsels in die boonste stofferinglae. In 1899 het James Marshall die eerste bed met individueel toegedraaide veerspirale bekend gestel, wat nou algemeen bekend staan as Marshall-spirale. Matrasse kan ook met lug of water gevul wees, of 'n verskeidenheid van natuurlike vesels, soos in futons. Kapokwol is 'n algemene matrasmateriaal in Suidoos-Asië, asook klapperhaar in Suid-Asië.
In Noord-Amerika is die tipiese soort matras wat deesdae verkoop word 'n binneveermatras; daar is egter toenemende belangstelling in volsponsbeddens en die sogenaamde hibriedbeddens, wat sowel binnevere as hoëgehaltespons soos viskoserek of lateks in die geriefslae het. In Europa is poliuretaansponskerns en lateks al lank gewild en maak 'n veel groter verhouding van die matrasse wat verkoop word uit.Nelles, Barbara.
Konstruksie 'n Gewone matras bestaan uit twee hoofdele – 'n kern of ondersteuningslaag en die bekleedsel of geriefslaag – toegedraai in 'n dik materiaal bekend as tyk.
Stofferinglae bedek die matras en verskaf 'n kussingeffek en gerief. Die stofferinglaag bestaan uit drie dele: die isolator, midde-stoffering en gestikte deken.
Soorte
Binneveer Binneveermatrasse bestaan oor die algemeen uit net die verekern, en die boonste en onderste stofferinglae.Haex, Bart (2005).
Kern Die kern van die matras ondersteun die slaper se liggaam. Die kerns van moderne binneveermatrasse bestaan uit staalveerspirale.
Die dikte van die spirale is nog 'n faktor wat die fermheid en ondersteuning bepaal. Die vere word in kwart-inkremente gemeet. Hoe kleiner die getal, hoe dikker die vere. Oor die algemeen het hoërgehaltematrasspirale 'n dikte van 14 (1.63 mm). Spirale van 14 tot 15.5 dik (1.63 tot 1.37 mm) gee makliker mee onder druk, terwyl spirale met 'n dikte van 12.5 (1.94 mm), die dikste soort beskikbaar, heel ferm voel.
Die verbindings tussen die spirale help die matras om sy vorm te behou. Die meeste spirale word verbind deur onderling verbinde drade; omhulde spirale word nie verbind nie, maar die materiaalbuitekant help dat die matras sy vorm behou.
Daar is vier soorte matrasspirale: Bonnell-spirale is die oudste en kom die meeste voor. DIt is aanvanklik aangepas van tjorsitplekvere van die 19de eeu en kom steeds dikwels voor in matrasse van 'n gemiddele prys. Bonnell-vere is geknoopte staalveerspirale in die vorm van 'n uurglas en met 'n ronde bokant. Wanneer dit met gekruisde drade vasgeryg is, vorm hierdie spirale die eenvoudigste binneveereenheid, ook bekend as 'n Bonnell-eenheid. Knikspirale is 'n uurglas soort spiraal waarop dele van die boonste en onderste draaie plat gemaak is. Wanneer die binneveereenheid aanmekaar gesit word, word dié plat dele draad aan die skroefvormige drade vasgedraai. Die skarnier-effek van die eenheid is ontwerp om aan te pas by die vorm van die liggaam. LFK-vere is 'n ongeknoopte knikspiraal met 'n silindriese of kolomvorm. Deurlopende spirale (die Leggett & Platt-handelsnaam is "Mira-spiraal") is 'n binneveerstruktuur waar die rye spirale van een stuk draad gevorm word. Hulle werk volgens 'n skarniereffek net soos dié van die knikspirale. Marshall-spirale, ook bekend as toegedraaide of omhulde spirale of sakvere, is dun, vatvormige, ongeknoopte spirale wat individueel in lapsakke oorgetrek is – normaalweg van mensgemaakte ongeweefde vesel. Sommige vervaardigers pers die spirale vooraf saam, wat die matras stywer maak en 'n skeiding van beweging tussen die kante van die bed moontlik maak. Aangesien die vere nie met draad aan mekaar verbind is nie, werk hulle grootliks onafhanklik: die gewig op die een veer het nie 'n uitwerking op sy buurmanne nie. Meer as die helfte van die verbuikers wat aan 'n opname deelgeneem het, verkies om sakveer-matrasse te koop. Which, published by Consumers Association: Mattresses: Choosing the best type of mattress
Stofferinglae Stofferinglae bedek die matras en sorg vir gemak en dat dit meegee. Sommige vervaardigers noem die matraskern die "steunlaag" en die stofferinglaag die "gemakslaag". Die stofferinglaag bestaan uit drie dele: 'n isolator, die middelste stoffering en die deurgestikte bolaag.
Die isolator skei die matraskern van die middelste stoffering. Dit is gewoonlik van vesel of maas gemaak en sy doel is om die middelste stoffering in plek te hou.
Die middelste stoffering bestaan uit al die materiaal tussen die isolator en die deurgestikte bolaag. Dit word gewoonlik gemaak van materiaal wat gerief aan die slaper moet verskaf, insluitend buigsame poliuretaanspons (wat gekronkelde "eierhouer"-spons insluit), visko-elastiese spons, lateksspons, vilt, poliëstervesel, katoonvesel, wolvesel en ongeweefde veselmatte. In Europa en Noord-Amerika het matrasvervaardigers begin om spons met gel in, sag-soliede gels in vlakke oor spons en gegiete gels in die boonste gemakvlak van die bed te gebruik.James, Gary.
Die gewatteerde bedekking is die boonste laag van die matras. Dit word gemaak van ligte spons of vesels wat aan die onderkant van die tyk vasgestik is en verskaf die sagte bovlaktekstuur van die matras en kan in wisselende grade van fermheid gekry word.
Basis Daar is drie hoofsoorte bedbasisse: 'n Tradisionele kisveer bestaan uit 'n stewige raam met ekstrasterk vere. Hierdie basis word dikwels saam met 'n binneveermatras gebruik, aangesien dit die lewensduur van die veereenheid in die matras se kern verleng. 'n Basis wat ten volle van hout gemaak is, het gewoonlik sewe of agt steunplankies wat onder karton of veselbord gerangskik is. Dié basis, met allerlei name soos 'n onbuigbare, halfbuigbare of geen-afbuiging-eenheid, asook 'n "ortoboks", verskaf steun wat baie soos die van 'n platvormbasis is. Basisse wat ten volle van hout gemaak is, kom al hoe meer voor namate Amerikaanse matrasvervaardigers oorgaan na superdik eenkantige matrasse. Nelles, Barbara (Februarie 2012). 'n Basis met 'n roosterbokant is 'n kombinasie van staal en hout. Die afmetings van die basis is gewoonlik 2 tot 5 cm korter as die afmetings van die matras.
Materiaalbedekking Tyk is die beskermende materiaal waarmee matrasse en basisse oorgetrek word. Dit word gewoonlik ontwerp om by die basis se materiaal te pas en is te kry in 'n wye verskeidenheid kleure en style. Matrasmateriaal kan verweefde stof, damas- of gedrukte stof of goedkoop ongeweefde materiaal wees. Die afgelope dekade, met die toename in die gewildheid van matrasse wat net uit spons gemaak is, het rekbare geweefde tyk op die bed se bovlak 'n standaardvoorkoms op sowel binneveer- as sponsdebbens geword. Die meeste tyk word van poliëstergare gemaak. Duurder matrasse kan 'n kombinasie van poliëster en wol, katoen, sy, wol of ander natuurlike gare bevat.
Tot in die vroeë 2000's is beddens normaalweg met 'n enkele materiaal gestoffeer. Dit was gewoonlik 'n damastyk of, vir goedkoop bedstelle, 'n niegeweefde materiaal wat alle oppervlakke van die matras en basis bedek. Hedendaagse bedstelle word met tot ses verskillende materiale bedek: 'n Goeiegehalte-bovlak – die bed se slaapoppervlak – van 'n sirkelgeweefde of geweefde damas; 'n bypassende of kontrasterende [gewoonlik geweefde] materiaal teen die kante van die matras; 'n bypassende of kontrasterende [gewoonlik geweefde] materiaal teen die basis se kantpanele; 'n glyvaste geweefde of nie-geweefde materiaal op die bovlak van die basis en die onderkant van die matras; en 'n ongeweefde stofbedekking aan die onderkant van die basis. Sommige Noord-Amerikaanse matrasvervaardigers het begin om meubelstofferingmateriaal op die bed se omranding te gebruik, wat die beddens 'n meer Europese huismeubileringvoorkoms gee.
Sponsmatras Matrasse wat net uit spons bestaan, gebruik verskillende gewigte en digthede van petrochemies-gebaseerde buigsame poliuretaanspons en visko-elastiese spons of geheuespons en lateksrubberspons. 'n Aantal matrasvervaardigers inkorporeer poliuretaan- en visko-elastiese spons met 'n hoeveelheid plant-gebaseerde inhoud."Product Watch: Green foams grabbing the spotlight ." Matrasse wat net uit spons bestaan, het dikwels meegaande platformbasise.
Lateksspons Lateksspons in matrasse is oor die algemeen 'n vermenging van die lateks van die Hevea brasiliensis-boom en sintetiese rubber, wat afkomstig is van petrochemikalieë en ander stowwe en vullers. Daar is egter natuurlike lateksmatrasse sonder enige poliuretaan-gebaseerde chemikalieë. Lateksspons word óf volgens die Talalay- óf die Dunlop-proses vervaardig."The future of foam: An ever-widening sphere of influence. Elkeen bied 'n ander gevoel. Dunlop is oor die algemeen 'n stewiger spons en Talalay is sagter. Die Dunlop-proses lewer 'n digter spons, terwyl die Talalay-proses 'n ligter een bied met meer lug in. As jy elkeen as latekskerns weeg, sal die Dunlopspons swaarder wees, omdat dit meer lateks in het. Talalay is duurder aangesien sy produksie meer hulpbronne vereis. Natuurlike lateksspons het 'n hoër lateksinhoud as sintetiese lateks, maar "100% natuurlike lateksspons" is misleidend."About Natural Latex."
Geheuespons Geheuesponsmatrasse gebruik meegeënde visko-elastiese spons oor 'n stewiger poliuretaansponsbasis. Sommige binneveermatrasse het geheuespons in hul stofferinglaag. Verskillende gevoels- en geriefsvlakke word bereik deur die dikte, gewig en die formulering van die visko-elastiese spons en die basisspons af te wissel. Lateks- en geheuesponsmatrasse het elkeen 'n unieke gevoel. Dié soort matras is goed om verligting te bied van die drukking op pynlike gewrigte, maar is gewoonlik duurder as veermatrasse.