Nûḥ ibn Lamech ibn Methuselah (Arabies: نوح Nūḥ), bekend as Noag in die Ou Testament, word in Islam beskou as ’n profeet van Allah. Hy is ’n baie belangrike persoon in die Islamitiese tradisie omdat hy een van die eerste profete is wat Allah aan die mens gestuur het.Stories of the Prophets, Ibn Kathir, Noah

Noag se sending was om ’n bose wêreld te red wat in sonde verval het. Hy moes vir die mense preek dat hulle afgodery moes los en die Een God moes aanbid. Hulle wou egter nie na Noag luister nie en eindelik het hy opdrag gekry om die ark te bou voor die Sondvloed waarin al die sondige mense dood is – ook Noag se vierde seun (sonder naam) wat in die Koran genoem word.Koran, Soera 11:42-43: En op golwe soos berge het hulle voortbeweeg. En Noag het na sy wederstrewige seun geroep: O my seun! Kom saam met ons aan boord, en skaar jou nie by die ongelowiges nie. Hy het geantwoord: Ek sal weldra my toevlug tot ’n berg neem wat my teen die water sal beskerm. Toe het hy gesê: Vandag is niemand veilig teen die gebod van Allah nie, met uitsondering van diegene aan wie Hy barmhartigheid betoon. En ’n golf het tussen hul gekom en hy was toe saam met die drenkelinge.

Noag was 950 toe hy sterf. Daar is ’n hele soera in die Koran wat aan hom gewy en na hom genoem is.Koran, Soera 71

Notas

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Profete van Islam