Sadie Bosman is ’n Afrikaanse skrywer.
Lewe en werk Sy skryf in “Langs kronkelende weë”Primêre bron van inligting is P.C. Schoonees se “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging”: http://www.dbnl.org/tekst/scho120pros02_01/scho120pros02_01_0033.php oor die tydperk van die Rebellie en die 1914-veldtog teen Duits-Suidwes. Hannes en Miemie is verloof, maar hulle vaders sit aan verskillende kante van die politieke draad, waar Hannes se pa die veldtog in Duits-Suidwes ondersteun en Miemie se pa die Rebellie. Dit lei tot vyandskap tussen die families. Hannes kom eindelik tot ander insigte na sy omswerwinge in die Vrystaat en aan die einde van “kronkelende weë” kry hy tog vir Miemie. Die roman gaan gebuk onder ’n skryfstyl van sentimentele oordadigheid en mooiskrywery, met gebrekkige sielkundige motivering vir die karakters se optrede. Die boodskap staan sentraal en die verhaal is daaraan ondergeskik, in stede van andersom. Aanvanklik het hierdie roman in 1916 in Hoog-Hollands verskyn. In 1924 publiseer sy in Die Huisgenoot die lang verhaal “Stemme van die vlaktes”, wat die lief en leed (veral laasgenoemde) van ’n Bolandse meisie wat in die Noordweste gaan skoolhou as onderwerp het. Terwyl die verhaal self min om die lyf het, is daar tog verbetering in styl en tegniek te bespeur en ’n poging word aangewend om ook die innerlike gevoelens van die karakters sielkundig te ontleed. Sy is op haar beste in enkele kortverhale, waaronder “Melima” wat in 1924 in Die Huisgenoot verskyn.
Publikasies JaarPublikasies1921Langs kronkelende weë
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Schoonees, P.C. “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging” J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch- Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co. Kaapstad 1939 (derde druk) Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bosman,_Sadie Schoonees, P.C. Dbnl: http://www.dbnl.org/tekst/scho120pros02_01/scho120pros02_01_0033.php
Ander verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers