Denis Beckett (1946-) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en TV-persoonlikheid. Onder sy boeke tel Radical Middle: Confessions of an Accidental Revolutionary, Trekking, Still Trekking, Jetlag: SA Airways in the Andrews Era en The Road Stops at Nowhere. In die 1980’s was hy redakteur van die politieke tydskrif Frontline.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Denis Beckett is op 10 Desember 1946 in Londen, Engeland gebore. Hy verwerf ’n BA- en LLB-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand. Beckett werk aanvanklik as advokaat, maar besluit in 1972 om die joernalistiekwêreld aan te durf, en werk onder meer by The Star, Rand Daily Mail, World, Drum en The Voice. Van 1979 tot 1991 was hy is die redakteur van die anti-apartheidtydskrif Frontline. In die 1990’s word hy veral bekend vir sy TV-program, Beckett’s Trek op SAUK-TV (1994–2001). Hy was ook 'n rubriekskrywer vir The Sowetan, The Star, Beeld, Sunday Times en City Press, asook omroeper op Radio 702 en SAfm. Hy lewer tans gereelde bydraes vir Moneyweb.Biografiese inligting, NB-Uitgewers , besoek op 11 Desember 2016
Publikasies Fiksie: Magenta, 2008, UKZN Press
Niefiksie: Permanent Peace: From Apartheid to Democracy, 1985, Saga Press The Fallacy of Heroes, 1988, Saga Press Trekking: In Search of the Real South Africa, 1996, Penguin Still Trekking, 1997, Penguin Madibaland, 1998, Penguin The Road Stops at Nowhere, 1998, Penguin Jetlag: SA Airways in the Andrews Era, 2001, Penguin Flying with Pride: The Story of the South African Flag, 2002, WildNet Africa Redeeming Features, 2004, Penguin Themba’s Head, 2009, Saga Press Radical Middle, 2010, Tafelberg,
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1946