Die Yamaha XT1200Z Super Ténéré is 'n motorfiets deur Yamaha Motor Corporation vervaardig, wat van stapel gestuur is in 2010. Die XT1200Z is die jongste in 'n reeks van dubbelsport Yamaha motorfietse vernoem na die Ténéré, 'n woestynstreek in die suidsentraal-Sahara.
Dit beskik oor 'n waterverkoelde vierslag-, brandstofinspuiting 1 199 cc inlyntweesilinderenjin met 'n 270° krukas, wat die motorfiets deur middel van 'n sesgangratkas en dryfas aandryf. Die XT1200Z beskik ook oor 'n multi-modus traksiebeheerstelsel en elektroniese versnellerbeheer (YCC-T) met programme om veldgebruik te ondersteun, veranderbare enjinkartering, en gekombineerde remme met ABS.
Die bekendstellingmodelle is aangedui as First Edition en het stampplate en aluminiumpanniers.
Kategorie:Motorfietse