duimnael|300px|Die vlerk van 'n naaldekoker Die Pterostigma is 'n sel wat aan die vlerke van insekte voorkom, wat dikwels verdik of gekleur is, en opvallend is. Dit is veral opvallend in naaldekokers en waterjuffers, maar ook in ander insekgroepe, soos raphidioptera, hymenoptera en megaloptera.
duimnael|regs|Pterostigma van 'n Swerwertjie Die pterostigma is die swaarste deel van 'n insek se vlerk, en dit verbeter die insek se sweefvermoë. Sonder die pterostigma sal vibrasies teen 'n sekere kritiese spoed op die vlerk plaasvind, wat dit vir die insek onmoontlik sal maak om te sweef. Toetse wat op 'n naaldekokerspesie gedoen is, toon dat met die pterostigma die kritieke sweefsnelheid met 10–25% laat toegeneem.
Sommige waterjufferwyfies in die Calopterygidaefamilie het 'n pseudopterostigma. Dit kom op dieselfde deel van die vlerk as die pterostigma voor, maar word deur are deurkruis en het 'n ligter kleur as die omliggende areas van die vlerk.
Bronne 20px|linksHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal
Verwysings
Kategorie:Insekanatomie