duimnael|Naasbestaandes plant kruise by die Witkruismonument vir slagoffers van plaasaanvalle Die term plaasmoorde (Engels: South African farm attacks) verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word.
Omvang en aard duimnael|regs|4 308 plaasaanvalle en 806 plaas-moorde is van 2010 tot en met einde Augustus 2023 aangeteken Volgens beskikbare statistiek het daar tussen 1991 en 2001 6 122 plaasaanvalle plaasgevind wat tot 1 254 sterfgevalle gelei het. Die getal sterfgevalle het in die volgende agt jaar meer as verdubbel tot 3 037.
Plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit uitgevoer word veroorsaak in beide Suid-Afrika en die buiteland ontsteltenis. Van die slagoffers word gemartel en verkrag voordat hulle vermoor word. Ander plaasmoorde word soos ’n teregstelling uitgevoer.
Met die demokratisering van Suid-Afrika het van die wit gemeenskappe moontlik vir die eerste keer met die drastiese omvang van werkloosheid en armoede onder die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking, en misdaad en geweld, wat moontlik daaruit voortspruit, in aanraking gekom.
Navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies het bevind dat ’n boer se kans om vermoor te word, byna vier keer groter is as dié vir ’n gewone landsburger en twee keer so groot as dié van ’n polisielid.
Die motiewe vir plaasaanvalle duimnael|regs|’n Helikopter soek na plaasaanvallers te Hartelus, Limpopo. Swart en blanke boere is moontlik sagte teikens vir rowers. Daar word ook beweer dat die omstandighede van plaasmoorde waarby wit mense die slagoffers is, ook as gevolg van onderliggende rassespanning veroorsaak is. Daar blyk geen werklike rede vir die moor van slagoffers van plaasaanvalle te wees nie. Volgens Moetsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers’ Union, verlaat wit én swart boere hul plase weens veiligheidsrisiko’s.
Sommige Suid-Afrikaanse boere is egter onder die indruk dat plaasaanvalle en -moorde deur sekere elemente as ’n geskikte intimidasiemetode beskou word om boere van hulle plase te verdryf.
Daar word gevoel dat amptelike bewerings dat gewone roof die dryfkrag agter plaasaanvalle is nie verklaar waarom plaasaanvallers ná hulle rooftog in die plaashuis wag om die boer en sy gesin op ’n wreedaardige manier te vermoor nie. Plaasmoorde het sodoende ’n hoogs emosionele saak geword wat in sommige kringe as doelbewuste volksmoord beskou word.Netwerk24.com, 9 Oktober 2014
Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, dui navorsing egter daarop dat plaasaanvalle eerder misdaadgerig is. Die blote afgesonderdheid van plase en swak infrastruktuur soos slegte paaie maak van boeregemeenskappe sagte teikens wat nie maklik deur die polisie beveilig kan word nie. Rassisme en onverantwoordelike politieke uitlatings dra egter ook daartoe by dat ’n klimaat van brutaliteit in plattelandse gemeenskappe geskep word. Die invloed van drank en dwelms speel moontlik ook ’n rol, net soos swak ekonomiese omstandighede en werkloosheid.
Die aanvalle word soms openlik deur politieke persoonlikhede, soos staatsleiers, tydens publieke geleenthede aangemoedig deur die sing van “struggle”-liedjies wat die dood van boere aanhits. Voorbeelde hiervan is Nelson Mandela, Jacob Zuma en Julius Malema.
Prioritisering van plaasmoorde Vroeg in Mei 2016 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, tydens ’n mediakonferensie bevestig dat plaasmoorde deur die SAPD as prioriteitsmisdaad gehanteer sal word. Die polisie hou nie doelgerig statistiek oor plaasmoorde nie, en die getalle deur hulle verskaf verskil wawyd van die wat byvoorbeeld deur Afriforum opgestel word.
Sien ook Treurgrond, rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
Verwysings
Verdere leesstof 80 Farmmorde in sieben Monaten, in: Afrika Süd – Zeitschrift zum südlichen Afrika, No. 6 (2004), uitgegee deur Informationsstelle Südliches Afrika, Bonn, Duitsland Mike Morris: The Development of Capitalism in South African Agriculture: Class-Struggle in the Countryside, in: Economy and Society (Londen), Vol. 5, No. 3 (1976) Christian Soest: Anspruch und Wirklichkeit der südafrikanischen Landreform 1994–2001. In: Arbeitspapiere zu Problemen der Internationalen Politik und der Entwicklungsländerforschung. Nr. 33/2002. München 2002: Forschungsstelle am Geschwister-Scholl-Institut für Politische Wissenschaft der Ludwig-Maximilians-Universität München
Eksterne skakels AfriForum se verslag oor Plaasaanvalle en Plaasmoorde in Suid-Afrika Nuusstorie (Junie 2002): “White Afrikaner Farmers Under Siege” Sky News-nuusberig oor plaasmoorde in Suid-Afrika
Genocide Watch: South Africa
Kategorie:Moord in Suid-Afrika Kategorie:Misdaad in Suid-Afrika