Stephen Madi Mokone (23 Maart 1932 in Doornfontein, Johannesburg – 19 Maart 2015 in Washington, D.C., VSA) was 'n Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Hy het as jongeling aanvanklik in Johannesburg, Sophiatown en Kilnerton (Pretoria) gespeel. Later het hy vir Coventry City in Engeland (1955-1957) en die Nederlandse klub SC Heracles (1957-1958) gespeel, en ook by FC Barcelona, Olympique de Marseille, Torino FC en Valencia CF. Hy was een van die grootste sokkerspelers van sy tyd.
Die Nederlandse joernalis Tom Egbers het 'n boek, De Zwarte Meteoor, geskryf oor sy lewe by SC Heracles in die Nederlandse stad Almelo. In 2000 is 'n rolprent van hierdie boek gemaak.
Kategorie:Suid-Afrikaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2015