Elandré Schwartz (gebore 28 Augustus 1995 in Despatch, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse musikant. Elandré het as 19-jarige by die Waterfront-teaterskool in Kaapstad studeer en bekendheid verwerf nadat hy 'n video van sy vertolking van "Tougher than the Rest" van Bruce Springsteen op sosiale media gelaai het. Die video het oornag meer as 1 000 000 besoeke ontvang. Na die video se sukses is hy genooi om op Bok Radio se ontbytprogram te sing en is tydens dié onderhoud deur Select Musiek 'n platekontrak aangebied.
Elandré se debuutalbum, Kleindorpdromer, is op 1 September 2017 vrygestel. Sy tweede album, Boomhuis, is op 19 April 2019 vrygestel. Sy derde album, Rugsak, is op 21 Maart 2021 vrygestel. Album nommer vier, genaamd Estetika, is vrygestel in Oktober 2023, waarvan hy twee aande albumvrystellings gehad het, een in Kaapstad en een in Pretoria. Hierdie album is in verwysing na Afrikaanse alternatiewe “garage-rock”-musiek en hy het ‘n duet op die album Vergewe en Vergeet saam met Die Melktert Kommissie.
Diskografie Ateljeealbums 2017: Kleindorpdromer 2019: Boomhuis 2021: Rugsak 2023: Estetika 2025: Aandklank
Lewendige opnames 2017: Sinkplaatsessies
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse musici