duimnael|Die Stadion am Zoo in Wuppertal.
Wuppertaler SV is 'n Duitse sokkerklub uit die stad Wuppertal in Noord-Rynland-Wesfale.
Die stad Wuppertal het in 1929 ontstaan na die fusie van 'n paar kleiner dorpe, elk met 'n eie sokkerspan. Wuppertaler SV is in 1954 gevorm na die samesmelting tussen TSG Vohwinkel en SSV Wuppertal.
In 1972 het die klub die Regionalliga Wes gewen en so vir die eerste (en tot dusver enigste) keer na die Bundesliga gepromoveer, waar die klub vir 3 seisoene kon meeding voor relegasie. Die eerste seisoen in die Bundesliga was die suksesvolste en die klub het in die 4de posisie geëindig nadat die klub vir 5 weke die 2de posisie beklee het. As gevolg van hierdie goeie einde kon die klub die volgende seisoen aan die UEFA-beker deelneem.
In 2004 het die klub met SV Wuppertal Borussia saamgesmelt, wat self 'n fusie was van SV Germania 1907 Wuppertal en VfL 1912 Wuppertal, wat in 1976 saamgesmelt het. Die klub het vervolgens die naam Wuppertaler SV Borussia aangeneem, maar hierdie besluit was ongewild by aanhangers. In Mei 2013 is dit weer gewysig na die oorspronklike Wuppertaler SV.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Wes 2de 1964-65 (II) Regionalliga Wes 5de 1965-66 (II) Regionalliga Wes 6de 1966-67 (II) Regionalliga Wes 7de 1967-68 (II) Regionalliga Wes 15de 1968-69 (II) Regionalliga Wes 5de 1969-70 (II) Regionalliga Wes 3de 1970-71 (II) Regionalliga Wes 3de 1971-72 (II) Regionalliga Wes 1ste 1972-73 (I) Bundesliga 4de 1973-74 (I) Bundesliga 16de 1974-75 (I) Bundesliga 18de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Noord 5de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 3de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Noord 11de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 17de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Noord 20ste 1980-81 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 6de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 9de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 6de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 12de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 11de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 1ste 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 1ste 1992-93 (II) 2.Bundesliga 13de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 18de 1994-95 (III) Regionalliga Wes/SW 5de 1995-96 (III) Regionalliga Wes/SW 4de 1996-97 (III) Regionalliga Wes/SW 6de 1997-98 (III) Regionalliga Wes/SW 12de 1998-99 (III) Regionalliga Wes/SW 8ste 1999-00 (IV) Oberliga Noord-Ryn 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Noord-Ryn 2de 2001-02 (IV) Oberliga Noord-Ryn 2de 2002-03 (IV) Oberliga Noord-Ryn 1ste 2003-04 (III) Regionalliga Noord 4de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 5de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 8ste 2006-07 (III) Regionalliga Noord 5de 2007-08 (III) Regionalliga Noord 6de 2008-09 (III) 3. Liga 14de 2009-10 (III) 3. Liga 20ste 2010-11 (IV) Regionalliga Wes 8ste 2011-12 (IV) Regionalliga Wes 5de 2012-13 (IV) Regionalliga Wes 15de 2013-14 (V) Oberliga Niederrhein
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Regionalliga Wes 2010/11-seisoen DSC Arminia Bielefeld II, VfL Bochum II, BV Borussia Dortmund II, Fortuna Düsseldorf II, SV Elversberg, FC 08 Homburg, 1. FC Kaiserslautern II, 1. FC Keulen II, Bayer 04 Leverkusen II, Sportvriende Lotte, FSV Mainz 05 II, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Preußen Münster, FC Schalke 04 II, SV Eintracht Trier, SC Verl ,SC Wiedenbrück 2000, Wuppertaler SV Borussia
Kategorie:Duitse sokkerklubs Kategorie:Wuppertal