Brits is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Geskiedenis Brits is op 25 Mei 1924 op die plaas Roodekopjes gestig en na die eienaar Johannes Nicolaas Brits vernoem.
Omgewing Die Krokodilrivier vloei net wes van die dorp verby. Die ontwikkeling van die dorp het 'n groot hupstoot gekry toe die Hartbeespoortdam in 1924 gebou is in die Krokodilrivier suid van die dorp. Gewasse soos tabak, koring, sitrusvrugte, lusern, groente en selfs tafeldruiwe word verbou onder besproeiing. Noord van die dorp vloei die rivier in die Rooikoppiesdam in.
Graniet, platinum, chroom en magnetiet word in die omgewing gemyn.B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. p. 208.
Sien ook Gereformeerde kerk Brits Gereformeerde kerk Brits-Wes Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Hoe Brits ontstaan het
Kategorie:Nedersettings in Noordwes