duimnael|Die Franse aktrise Brigitte Bardot in 'n Riva-runabout. Die foto is in 1963 in St-Tropez geneem duimnael|'n Riva-bootvragwa tydens die Classic Days Berlin, 'n motorskou vir historiese voertuie wat jaarliks in Berlyn gehou word. Die foto is in 2019 geneem duimnael|Riva Super Aquarama 217 duimnael|Riva Florida in 2015 tydens die motorskou Concorso d'eleganza, Villa d'Este, Comomeer, Italië duimnael|Die stuurkajuit van 'n Riva Florida duimnael|Riva Domino 86’-motorjag in 2013 in die Greenwich Yacht Club, Londen, Verenigde Koninkryk Riva is 'n Italiaanse vervaardiger van gesofistikeerde luukse motorbote. Riva-sportbote is vanaf die 1950's met styl en finesse geassosieer. So is vir die bou van Riva-bote uitsluitlik kosbare materiale soos mahoniehoutplanke, chroom en wit leer vir die sitplekke gebruik. Na Riva se runabouts (oop sportbote) is derhalwe verwys as die «Rolls-Royce van die see». Die vervaardiger se nuutste luukse jag Riva 50 MT met 'n lengte van 49 meter, wat deur Officina Italiana Design ontwerp is, terwyl Riva Superyacht Division die skeepsargitektur ontwikkel het, sal na verwagting in 2021 afgelewer word.boatinternational.com: Riva 50 MT yacht. Besoek op 2 April 2020
In 2000 is Riva deur die Italiaanse skeepsvervaardiger Ferretti oorgeneem wat op luukse jagte fokus. Riva is tans 'n handelsmerk in Ferretti se portefeulje wat gesofistikeerde motorbote in verskillende groottes en ontwerpe gebruik word. Die gebruik van mahonie is intussen gestaak. Sportbootentoesiaste sal vir historiese Riva-bote in 'n puik toestand meer as €100 000 opdok.
Geskiedenis Die Riva-bootwerf is in 1842 deur Pietro Riva in Sarnico, 'n Lombardiese nedersetting aan die Iseomeer, gevestig. Die familie-onderneming het dekades lank op die bou van kommersiële bote gefokus voordat Serafino Riva in 1920 na plesier- en renbote begin oorskakel het. In die laasgenoemdfe kategorie het die onderneming gedurende die 1920's en 1930's talle pryse ingepalm. Toe Carlo Riva in die 1950's sy ikoniese Riva Aquarama-sportboot geloods het wat van hout gebou is, het die werf wêreldfaam behaal.
In 1969 het die werf oorgegaan tot die vervaardiging van veselglasbote, waarby die kenmerkende Riva-stylkonsep behoue gebly het. In 2000 is Riva deur die Ferretti Group oorgeneem. Met die oorname het Riva toegang gekry tot moderne werfinfrastruktuur vir die bou van groter jagte en superjagte. Riva het in 2010 met die Riva 86 Domino, 'n plesierboot met 'n lengte van 26,4 meter, tot die superjagmark toegetree. Vyf jaar later is die aluminium-vlagskipjag Riva 112 Mythos geloods wat oor luukse akkommodasiegeriewe (drie kajuite vir gaste) en kajuite vir die drie bemanningslede beskik het.
Carlo Riva is in 2017 op die ouderdom van 95 jaar oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels Carlo Riva
Monaco Boat Service: Carlo Riva 1922–2017 Media
YouTube.com: Riva 50 Wêreldpremière tydens die Salone Nautico di Venezia in 2019 (Riva Superyachts Division, Ferretti Group, Italië) Riva Mythos 122
BoatMag International, 14 Julie 2014: Riva Mythos 122, the aluminium flagship
Kategorie:Italiaanse maatskappye Kategorie:Skeepsbou