Hierdie artikel handel oor seksuele praktyke en verwante sosiale aspekte. Vir breër aspekte van seksuele gedrag, sien Seksualiteit. Menslike seksuele gedrag of menslike seksuele aktiwiteit is die manier waarop mense hulle seksualiteit ervaar en uitdruk. Mense raak by ’n verskeidenheid seksdade betrokke, wat wissel van aktiwiteite wat op hulle eie gedoen word (byvoorbeeld masturbasie) tot dade met ’n ander persoon (byvoorbeeld seksuele omgang, niepenetrerende seks, orale seks en vele ander) in wisselende patrone en frekwensies en om ’n verskeidenheid redes.
Seksuele prikkeling lei gewoonlik tot seksuele opwekking en fisiologiese veranderings in die geprikkelde persoon. Sommige hiervan is ooglopend en ander subtieler. Seksuele gedrag kan ook optrede of aktiwiteite insluit wat daarop gemik is om die seksuele belangstelling van ’n ander persoon te wek of die ander persoon se sekslewe op te kikker, soos strategieë om ’n seksmaat te kry (om iemand die hof te maak) of persoonlike interaksies tussen twee mense (soos voorspel of BDSM). Seksuele aktiwiteit kan volg op seksuele prikkeling.
Menslike seksuele gedrag het sosiologiese, bewussyns-, emosionele, gedrags- en biologiese aspekte; dit sluit persoonlike samebinding (bonding), die deel van emosies, die fisiologie van die voortplantingstelsel, die geslagsdrang, seks en seksuele gedrag in al sy vorme in.
In sommige kulture word seks slegs binne die huwelik as aanvaarbaar beskou. Sommige seksdade is universeel of in sommige lande onwettig, terwyl ander in sekere gemeenskappe as teen die norm beskou word. Twee voorbeelde van dade wat in feitlik alle gemeenskappe as kriminele oortredings beskou word, is verkragting en seks met ’n minderjarige.
Soorte dade thumb|Seks in die sendelingposisie. thumb|’n BDSM-paartjie, met die vrou wat die man aan 'n halsband rondlei. Seksuele gedrag kan op ’n paar maniere geklassifiseer word: dade waarby net een persoon betrokke is, (outo-erotiek) soos masturbasie, of twee of meer persone soos vaginale seks, anale seks, orale seks of wedersydse masturbasie. Penetrerende seks tussen twee mense kan as seksuele omgang beskryf word, maar definisies wissel. As meer as twee mense seks het, kan dit as groepseks of ’n orgie beskryf word. Outo-erotiese seks kan die gebruik van dildo's, vibrators, anale proppe (butt plugs) en ander seksspeelgoed insluit, hoewel dit ook saam met ’n seksmaat gebruik kan word.
Seksuele aktiwiteit kan ook geklassifiseer word volgens die geslag en seksuele oriëntasie van die deelnemers, sowel as die verhouding tussen die deelnemers. Die verhoudings kan byvoorbeeld wees getroudes, lewensmaats, los seks of anonieme seks. Seksdade kan beskou word as konvensioneel of aweregs (kinky); laasgenoemde kan insluit fetisjisme, parafilie of BDSM. Fetisjisme neem baie vorme aan en kan ’n begeerte na sekere liggaamsdele wees, soos naeltjies, voete of groot borste. Die voorwerp kan skoene, stewels, onderklere of leerartikels wees. Sommige niekonvensionele outo-erotiese praktyke kan gevaarlik wees, soos erotiese asfiksiasie, of versmoring, en selfvasbinding. Die moontlikheid van beserings of selfs die dood wat bestaan as twee mense dié soort seksdade beoefen, raak veel groter in die geval van outo-erotisme weens die isolasie en die gebrek aan hulp in geval van ’n probleem.
BDSM is ’n verskeidenheid erotiese praktyke en seksuele rolvertolkings wat vasbinding, oorheersing en onderwerping, sadomasochisme en ander soorte interpersoonlike dinamika insluit. Vasbinding behels die inperking van die liggaam of gees. Die dominante persoon in die verhouding of daad neem beheer oor van die "onderdanige" persoon; laasgenoemde wil hê emand moet hom of haar beheer.
Seksuele aktiwiteit kan konsensueel wees, wat beteken albei partye stem daartoe in en is ouer as die wetlike vereiste, of dit kan onder dwang plaasvind, wat gewoonlik verkragting of seksuele aanranding genoem word. In verskillende kulture en lande kan sekere seksdade onwettig wees wat betref die ouderdom, huwelikstatus of ander faktore van die seksmaats, of dit kan as teen die sosiale norme of seksuele moraal beskou word.
Paringstrategieë In evolusionêre sielkunde en gedragsekologie is menslike paringstrategieë ’n stel optredes wat individue gebruik om seksmaats aan te trek, te selekteer en te behou. Dit oorvleuel met voortplantingstrategieë, wat ’n breër stel optredes behels soos die tydsbepaling van voortplanting en die kompromis tussen die kwaliteit en kwantiteit van ’n nageslag.
In vergelyking met ander diere is menslike paringstrategieë uniek wat kulturele veranderlikes soos die huweliksinstelling behels.Low, B. S. (2007). Ecological and socio-cultural impacts on mating and marriage. Oxford Handbook of Evolutionary Psychology, 449. Mense kan maats soek met die bedoeling om ’n intieme langtermynverhouding, huwelik of vriendskap te vorm. Die menslike behoefte aan kameraadskap (companionship) is een van die sterkste menslike dryfvere. Dit is ’n ingebore eienskap van die menslike natuur en kan verband hou met die seksdrang.
Stadiums van fisiologiese prikkeling tydens seksuele stimulasie thumb|Hierdie Indiese Kama Soetra-illustrasie, wat ’n vrou bo-op ’n man uitbeeld, wys die man se ereksie, wat een van die fisiologiese reaksies op seksuele prikkeling by mans is. Die fisiologiese reaksies tydens seksuele stimulasie is redelik dieselfde by mans en vroue, en daar is vier stadiums. Tydens die opwindingstadium neem spierspanning en bloedvloei in en om die geslagsorgane toe, die hartklop en asemhaling raak vinniger en die bloeddruk styg. Mans en vroue ervaar ’n seksgloed op die vel van die bolyf en gesig. ’n Vrou se vagina raak gewoonlik gesmeer en haar klitoris swel. ’n Man se penis word styf. Tydens die platostadium neem die hartklop en spierspanning verder toe. ’n Man se blaas sluit om te keer dat sy urine en semen meng. ’n Vrou se klitoris kan effens terugtrek en daar is nog smering, opswelling en spierverstywing. Tydens die orgasmestadium raak asemhaling uiters vinnig en die bekkenspiere ondergaan ’n reeks samestrekkings. Beide mans en vroue ervaar vinnige siklusse van sametrekkings van die laer bekkenspiere en vroue ervaar dikwels vaginale sametrekkings; hierdie ondervinding kan uiters genotvol wees, maar rofweg 15% van vroue ervaar nooit ’n orgasme nie en die helfte beweer hulle maak dit na. ’n Groot genetiese komponent word verbind met hoe dikwels ’n vrou ’n orgasme kry. Tydens die resolusiestadium ontspan die spiere, bloeddruk daal en die liggaam keer terug na sy russtadium. Hoewel algemeen gesê word vroue ervaar nie ’n refraktêre tydperk nie en kan dus meer as een orgasme in ’n kort tyd hê, beweer sommige bronne beide mans en vroue ervaar ’n refraktêre periode ná ’n orgasme en verdere stimulasie veroorsaak dus nie seksuele opwinding nie. Hierdie tydperk kan van minute tot dae duur en is gewoonlik langer vir mans as vir vroue.
Seksuele disfunksie is die onvermoë om soos die gemiddelde gesonde mens emosioneel of fisiek op seksuele stimulasie te reageer; dit kan verskillende stadiums beïnvloed in die seksueleresponssiklusse, wat begeerte, opwinding en orgasme is.Kontula, O & Mannila, E (2009). Sexual Activity and Sexual Desire. Routledge, 46(1). Besoek op 20 Augustus 2012, by here. In die media word seksuele disfunksie gewoonlik met mans verbind, maar in werklikheid kom dit meer algemeen by vroue voor (43 teenoor 31 persent).
Sielkundige aspekte thumb|200px|Seksuele verkenning, soos uitgebeeld in ’n erotiese skets deur Thomas Rowlandson. Seksuele aktiwiteit kan bloeddruk en algehele stresvlakke verlaag. Dit kan spanning verlig, ’n mens se bui verbeter en moontlik ’n uiterse ontspanningsgevoel skep, veral ná die seksdaad. Uit ’n biochemiese perspektief veroorsaak seks die vrystelling van endorfiene en verhoog dit vlakke van witbloedselle, wat die immuunstelsel verbeter. ’n Studie wat in die tydskrif Biological Psychology gepubliseer is, het beskryf hoe mans wat die vorige nag seks gehad het, beter op stresvolle situasies gereageer het; dit het voorgestel as ’n mens gereeld seks het, is hy gereeld ontspanne, en wanneer ’n mens meer ontspanne is, kan hy stresvolle situasies beter hanteer.
Motivering Mense het om ’n groot verskeidenheid redes seks. Hoewel die primêre evolusionêre doel van die seksdaad voortplanting is, het navorsings onder universiteitstudente gewys mense het om vier hoofredes seks: fisieke aantrekking, as ’n middel tot ’n doel, om ’n emosionele verbintenis te verdiep en om onsekerheid te verminder.Meston & Buss, 2007.
Die meeste mense het seks vanweë die plesier wat hulle uit die prikkeling van hulle seksualiteit kry, veral as hulle ’n orgasme kan hê. Seksuele prikkeling kan ook verkry word uit voorspel, deur te flirt, uit fetisjisme en BDSM, of uit ander erotiese aktiwiteite. Meestal het mense seks vanweë ’n seksuele begeerte wat geskep word deur ’n ander persoon, tot wie hy aangetrokke voel; hulle kan egter ook seks hê vir fisieke bevrediging sonder om tot die persoon aangetrokke te voel, soos met los of geleentheidseks.
’n Mens kan met iemand seks hê vir geldelike gewin of om voordeel uit die situasie te trek. ’n Man en vrou kan seks hê bloot ter wille van bevrugting. Daar is bewyse dat seksuele aktiwiteit ’n groot rol speel in die interaksie van sosiale spesies. Die Amerikaanse evolusionêre bioloog Joan Roughgarden en in haar boek Diversity, Gender, and Sexuality in Nature and People voorgestel dit geld ewe veel vir mense as vir diere. Sy verken die doel van seksuele aktiwiteit en demonstreer baie funksies word deur dié aktiwiteit vervul, insluitende ’n verbintenis tussen ’n paartjie of ’n groep, die oplossing van dispute en voortplanting.
Frekwensie Die frekwensie van seksuele akwtiwiteit kan wissel van nul (selibaat) tot 15 of 20 keer per week. In die VSA is die gemiddelde frekwensie van seksuele omgang onder getroude pare twee tot drie keer per week. Daar word algemeen erken dat vroue ná hulle menopouse ’n afname in die frekwensie van seksuele omgang beleef en dat die gemiddelde frekwensie van seks met ouderdom afneem.
Die ouderdom waarop adolessente seksueel aktief raak, wissel van kultuur tot kiltuur en van tyd tot tyd. Die eerste seksdaad van ’n adolessent kan beskou word as ’n mylpaal of verandering in hulle status, soos die verlies van hulle maagdelikheid of onskuld. Jongmense mag wettiglik seks hê wanneer hulle seksueel meerderjarig raak.
Gesondheid en veiligheid Seksuele aktiwiteit is ’n ingebore fisiologiese funksie,Xiaojun Chen, Xuerui Tan, Qingying Zhang, " Cardiovascular effects of sexual activity", Medknow Publications, Desember 2009 maar nes ander fisieke aktiwiteite hou dit risiko's in. Daar is vier hoofrisiko's by seksuele aktiwiteit: onbedoelde swangerskap, die opdoen van ’n seksueel oordraagbare infeksie, fisieke beserings en sielkundige beserings.
Onbedoelde swangerskap Enige aktiwiteit waardeur semen in die vrou se vagina beland, soos tydens omgang of selfs net kontak van semen met die vulva, kan tot swangerskap lei. Om die risiko van onbedoelde swangerskap te verlaag gebruik baie mense voorbehoedmiddels soos die Pil, ’n kondoom, diafragma of sterilisasie.Dawn Stacey: Contraception. About.com. Besoek op 11 Oktober 2009. Die doeltreffendheid van die verskillende soorte voorbehoedmiddels wissel aansienlik.
Seksueel oordraagbare infeksies thumb|220px|’n Opgerolde kondoom vir mans.
Seksuele aktiwiteit waarin daar velkontak of blootstelling aan ’n ander persoon se liggaamsvog of slymvlies is, hou die gevaar van seksueel oordraagbare infeksies, of geslagsiektes, in. ’n Mens kan nie altyd agterkom of jou seksmaat ’n geslagsiekte het nie, soos as hulle nie simptome toon nie.King, B. (2009). Human Sexuality Today (6de uitg.). Upper Saddle River: Pearson Education, Inc.