Die Toepolef Tu-114 Rossiya () (NAVO-kodenaam: Cleat) is 'n turboskroefaangedrewe langstrekpassasiersvliegtuig wat ontwerp is deur Toepolef. Dit is in die Sowjetunie gebou sedert 1956. Dit is die wêreld se eerste en enigste turboskroefvliegtuig met swiepvlerke. Op sy tyd was dit die grootste en vinnigste passasiersvliegtuig en het die langste togafstand gehad, naamlik 10 900 km. Dit is sedert 1960 die amptelike rekordhouer as die vinnigste skroefaangedrewe vliegtuig."FAI official database" Fédération Aéronautique Internationale. URL besoek op 5 September 2007."Aircraft Speed Records." Aerospaceweb. URL besoek op 5 September 2007.

As gevolg van sy swiepvlerke en enjinontwerp kan die Tu-114 snelhede haal soortgelyk aan tipiese moderne straalvliegtuie, tot 880 km/h. Dit het 228 passasiers gedra toe dit deur Aeroflot bedryf was, maar daar was meestal voorsiening gemaak vir 170 passasiers met slaapbanke en eetgeriewe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Passasiersvliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie