Die baardsuikerbos (Protea neriifolia) is 'n blomdraende boom wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom oor 'n wye gebied voor, van die Hottentots-Hollandberge tot die Riviersonderendberge en van die Langeberg tot Groot-Winterhoekberge en die Elandsberg, Rooiberg, Kammanassieberge, Potberg, Tulbagh en Ceres. Die spesie is deel van die fynbos-bioom. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom van Februarie tot November.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteengrond, soms ook in granietgrond op hoogtes van 0 - 1 300 m.
Die boom se FSA-nommer is 93.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Narrow-leaf protea bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys PlantZAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika