Die regopkwassie (Sorocephalus clavigerus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Kogelberg en Kleinrivierberge.
Die struik word slegs 100 cm hoog en blom van Julie tot Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 450 - 1200 m.
In Engels staan die struik as die Erect clusterhead bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Sorocephalus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika