Die Citroën C-Triomphe is 'n middelgrootte sedanmotor wat vir die Chinese mark vervaardig word deur Dongfeng Peugeot-Citroën, 'n gesamentlike onderneming tussen die Franse PSA-groep (Peugeot-Citroën) en die Chinese vervaardiger Dongfeng.
Hierdie nuwe modelreeks is ontwerp om ander Chinese modelle in die reeks soos die Fukang en die Elysée aan te vul, eerder as om enige direkte vervanging te wees.
Die motor is in wese 'n klassieke sedanweergawe van die Europese C4-model, aangesien die Chinese mark eerder 'n tradisionele driekassedan as 'n luikrug verkies. Die benaming is egter verander, want in Chinees is die nommer "4" ongelukkig. Die sedan is baie groter as die luikrug: sy lengte is 4770 mm oor die luikrug se 4260 mm en die asafstand 2710 mm teenoor 2610 mm van die luikrug. Dit het daartoe gelei dat die C-Triomphe-sedan in die kategorie van middelgroot gesinsmotors ingedeel is. Van die C-Triomphe se besondere kenmerke is ’n geïntegreerde lugverfrisser wat die bestuurder in staat stel om die geur van die voertuig se interieur aan te pas.
Met die onthulling van die volgende geslagmodel word die C-Triomphe-naam vir 2010 laat vaar ten gunste van Citroën C-Quatre.
Eksterne skakels
Citroën China Dong Feng-Peugeot-Citroën-motor Citroën C-Triomphe by Citroenet C-Triomphe beelde
Kategorie:Citroën