John William Coltrane (23 September 1926 – 17 Julie 1967) was 'n Amerikaanse saxofoonspeler en komponis van jazzmusiek. Hy was in sy vroeë loopbaan bedrywig in die bebop en hard bop idiome, en was 'n pionier in die ontwikkeling van free jazz. Hy het ten minste vyftig opnamesessies gelei en op baie albums van ander musikante verskyn, waaronder die trompetspeler Miles Davis en die pianis Thelonious Monk. Deur die loop van sy loopbaan het Coltrane se musiek 'n toenemende geestelike dimensie verkry. Hy bly een van die invloedrykste saxofoonspelers in die geskiedenis van musiek. Sy tweede vrou was die pianis en harpspeler Alice Coltrane. Die egpaar het drie kinders gehad: John Jr. (1964–1982), wat basinstrumente gespeel het; Ravi Coltrane (gebore 1965), 'n saxofoonspeler; en Oran (gebore 1967), ook 'n saxofoonspeler.

Geselekteerde diskografie Die onderstaande diskografie bevat 'n lys van albums wat gedurende Coltrane se leeftyd as "bandleader" deur hom bedink en goedgekeur is. Dit sluit nie sy verskeie vrystellings as "sideman", sessies wat in albums saamgestel is deur verskillende platemaatskappye nadat Coltrane se kontrak verstryk het, sessies met Coltrane as 'n "sideman" wat later heruitgegee is met sy naam wat meer prominent verskyn, of postuum samestellings in nie, behalwe vir een wat hy goedgekeur het voor sy dood.

Prestige en Blue Note Records Coltrane (debuut solo LP) (1957) Blue Train (1958) John Coltrane with the Red Garland Trio (1958) Soultrane (1958)

Atlantic Records Giant Steps (1960) Coltrane Jazz (1961) My Favorite Things (1961) Olé Coltrane (1961)

Impulse! Records Africa/Brass (1961) Live! at the Village Vanguard (1962) Coltrane (1962) Duke Ellington & John Coltrane (1963) Ballads (1963) John Coltrane and Johnny Hartman (1963) Impressions (1963) Live at Birdland (1964) Crescent (1964) A Love Supreme (1965) The John Coltrane Quartet Plays (1965) Ascension (1966) New Thing at Newport (1966) Meditations (1966) Live at the Village Vanguard Again! (1966) Kulu Sé Mama (1967) Expression (1967)

Notas

Verwysings

Verdere leeswerk

Margry, Peter Jan en Wojcik, Daniel. (2017) "A Saxophone Divine. The Transformative Power of Saint John Coltrane's Jazz Music in San Francisco's Fillmore District', in: V. Hegner en P. J. Margry (redakteurs), Spiritualizing the City: Agency and Resilience of the Urban and Urbanesque Habitat. Milton Park: Routledge, 169–194.

Eksterne skakels

Inligting oor John Coltrane John Coltrane diskografie Coltrane Church Website John Coltrane Analise van sy 1957 Carnegie Hall uitvoering John Coltrane Images of Trane deur Lee Tanner in Jazz Times, Junie 1997 Onderhoude uit 1958-1966

Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 1967