Wolf Totem (, Frans: Le dernier loup, "Die Laaste Wolf") is 'n dramafilm uit 2015 wat gebaseer is op Jiang Rong se gelyknamige Chineestalige semi-outobiografiese roman uit 2004. Die Chinees-Franse mede-produksie staan onder regie van die Franse regisseur Jean-Jacques Annaud, en handel oor 'n Chinese student wat na Binne-Mongolië gestuur word om herders te onderrig, maar in pleks hiervan oor die wolfpopulasie, wat deur 'n regeringsapparatsjik bedreig word, leer.

Die Beijing Forbidden City Film Corporation het aanvanklik probeer om 'n Chinese regisseur in diens te neem, maar die verfilming van mense saam met wilde wolwe is as te moeilik beskou. Die Nieu-Seelandse regisseur Peter Jackson is genader, maar die produksie het nie plaasgevind nie. China het Annaud, wie se film Seven Years in Tibet in 1997 in China verbied is, se reisverbod opgehef, en hy is hierna aangestel om die regie van Wolf Totem waar te neem. Die film is vervaardig deur China Film Group en die Frans-gebaseerde Reperage. Die Franse regisseur, wat reeds in ander rolprente saam met diere gewerk het, het 'n dosyn wolfhondjies in China aangeskaf en hulle laat oplei deur Andrew Simpson, 'n Kanadese dierekenner. Annaud het met 'n produksiebegroting van VS $38 miljoen meer as 'n jaar lank aan Wolf Totem in Binne-Mongolië, waar die boek ook afspeel, geskiet.

Die film het sy Europese première op 7 Februarie 2015 gehad. Dit is op 19 Februarie 2015 in China uitgereik, betyds vir die begin van die Chinese Nuwejaar, en op 25 Februarie 2015 in Frankryk. Daar is oorspronklik berig dat die film gekies is as die Chinese inskrywing vir die Oscar vir beste film in 'n buitelandse taal. Toe die finale lys egter deur die Akademie aangekondig is, was China se voorlegging Go Away Mr. Tumor deur Han Yan. Dit was ook die laaste film wat deur James Horner uitgereik is voor sy dood 4 maande later in Junie 2015.

Rolverdeling

Feng Shaofeng as Chen Zhen Shawn Dou as Yang Ke Ankhnyam Ragchaa as Gasma Batdorj-in Baasanjab as Bilig Yin Zhusheng as Bao Shungui Baoyingexige Tumenbayar Xilindule Bao Hailong

Vervaardiging duimnael|regs|Binne-Mongolië (hierbo in rooi) is 'n outonome streek van China. Die roman speel af in Binne-Mongolië, waar die film ook vervaardig is. upright|duimnael|regs|Die Franse rolprentregisseur Jean-Jacques Annaud (bo) in 2015 duimnael|regs|Mongoolse wolwe (Canis lupus chanco), wat in die rolprent gebruik is Wolf Totem is gebaseer op die semi-outobiografiese roman Wolf Totem deur Jiang Rong. Die Franse regisseur Jean-Jacques Annaud het die film, wat vervaardig is deur China Film Group, Edko Films en Reperage, ondanks sy geskiedenis met China verwerk. Chinese sensors het toegelaat dat die boek gepubliseer word en dit het 'n topverkoper in China geword. Die Los Angeles Times het berig dat baie verbaas was oor die gebrek aan sensuur. Die koerant het gesê: "Die protagonis spreek minagting uit vir die groepsdenke wat China se meerderheidssprekende Han-etnisiteit op etniese minderhede afdwing, en verag die Konfusiaanse beginsels wat die Kommunistiese Party onlangs in sy politieke retoriek van die 21ste eeu laat herleef het." Regte op die roman is in 2004 deur Beijing Forbidden City Film Corporation verkry. Die HUB, Zhang Qiang, het Chinese regisseurs genader om die boek vir film aan te pas, maar die verfilming van mense saam met wilde wolwe is as te uitdagend beskou. In 2005 het die maatskappy 'n kontrak met die Nieu-Seelandse regisseur Peter Jackson en sy onderneming Weta Digital aangegaan om 'n filmverwerking daarvan te vervaardig. Jackson se produksie het egter nie plaasgevind nie, en Beijing Forbidden City het gesukkel om 'n nuwe regisseur te vind vir die filmverwerking. Volgens Annaud wou filmvervaardigers die film betyds uitbring vir die Olimpiese Somerspele in Beijing. Jiamin en sy vriende by die produksiemaatskappy was vertroud met Annaud se films en het die regisseur genader vir die taak. Annaud het, betreffende hulle keuse van 'n Franse regisseur, die volgende gesê: "Hulle het gesê 'n Chinese regisseur sal nie hierdie tipe dinge kan sê nie omdat dit te sensitief is; en hulle wou nie 'n Amerikaner hê nie. Ek is soort van neutraal. En ek het baie films met diere gemaak." Die regisseur het die boek in Frans gelees en die verhaal het hom aangegryp. Hy het 'n aanbod van die hand gewys om Life of Pi (2012) te verfilm en eerder 'n kontrak met Qiang onderteken.

Toekennings Seremonie Kategorie Ontvanger Resultaat Beijing Internasionale Filmfees Beste Prent Wolf Totem Beste Regisseur Jean-Jacques Annaud Beste Visuele Effekte Christian Rajaud en Jianquan Guo Beijing Kollege Studentefilmfees Beste Film Wolf Totem Beste Regisseur Jean-Jacques Annaud Camerimage Hoofkompetisie (Goue Padda) Jean-Marie Dreujou Beste 3D Film Chinese Film-Regisseursgilde Toekennings Beste Draaiboek Wei Lu Goue Perd Filmfees en -toekennings Beste Visuele Effekte Christian Rajaud en Jianquan Guo Goue Haan-toekennings Toekenning vir Beste Prent Wolf Totem Beste Kunsregisseur Rongzhe Quan Beste Klank Wang Gang Hong Kong Film-toekennings Beste Film Wolf Totem Honderd Blomme-toekennings Beste Akteur Feng Shaofeng Internasionale Filmkritici-toekennings Beste Oorspronklike Klankbaan vir 'n Dramafilm James Horner Film-klankbaan van die jaar Film-musiek komposisie van die jaar Macau Internasionale Filmfees Beste Prent Jean-Jacques Annaud Beste Regisseur Beste Kinematografie Jean-Marie Dreujou Saturn-toekenning Beste DVD- of Blu-ray vrystelling Wolf Totem Sjanghai Filmkritici-toekenning Film van Verdienstelikheid

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike lokprent

Kategorie:Franse rolprente