thumb|Die Dalempoort met in die verte die De Hoop-meule Gorinchem is 'n munisipaliteit voormalig en stad in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, met 'n bevolking van sowat 38 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 22 km².
Gorinchem is 'n vestingstad, wat omstreeks 1000 is gestig en geleë is aan die noordoewers van die Boven-Merwede- en Waal-riviere in die uiterste suidooste van die Alblasserwaard-streek as ook in die uiterste suidweste van die Tielerwaard-streek.Die dorp Dalem en omgewing, beslaan ongeveer 5 km² met sowat 900 inwoners, het tot 1986 aan die provinsie Gelderland behoort. Die Linge-rivier vloei in hierdie stad in die Boven-Merwede.
Die munisipaliteit grens in die ooste aan die Gelderse Fort Vuren en aan die suidoostelike oorkant lê die Brabantse vestingstad Woudrichem en die Gelderse Slot Loevestein.
Plekke Gorinchem · Dalem · De Kooi
Munisipale raad Verkiesings sedert 2010:
Party Setels 2010 2014 2018 2022 Stadsbelang 1 3 5 5 DemocratenGorinchem 4 4 PvdA 6 5 3 3 VVD 5 3 3 3 CU–SGP 2 3 2 2 Gorcum Actief 2 1 2 D66 2 2 2 2 CDA 3 2 2 2 SP 2 3 2 2 GL 2 2 1 Totaal 23 25 25 25
Susterstede Lucca, Italië Sint-Niklaas, België
Naburige munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Munisipaliteite in Zuid-Holland Kategorie:Nedersettings in Zuid-Holland Kategorie:Stede in Nederland