Psoralea aphylla is 'n struik tot 'n klein boompie in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant word tot 4 m hoog en is deel van die fynbos. Dit groei meestal op rivierbanke en dra wit en blou blomme.

Die boom se FSA-nommer is 226.8.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

aphylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika