thumb|200px|Vincent Bugliosi in 2009.

Die Helter Skelter-scenario is 'n teorie wat Vincent Bugliosi, die hoofstaatsaanklaer in die Tate-LaBianca-moordverhoor, voorgestel het. Dit is hoofsaaklik geskoei op die getuienis van Paul Watkins as 'n motief vir die reeks moorde wat die Mansonbende gepleeg het en is gebruik in 'n poging om Charles Manson aan te kla van sameswering om moord te pleeg. Bugliosi het die teorie tydens die verhoor verduidelik, asook in sy daaropvolgende boek, Helter Skelter: The True Story of the Manson Murders.

Volgens Bugliosi se teorie het Manson dikwels in die maande voor die moorde op Sharon Tate en Leno en Rosemary LaBianca in Augustus 1969 met lede van die bende, of "die Familie", gepraat oor Helter Skelter, 'n apokaliptiese oorlog wat sou voortvloei uit die rassespanning tussen swart en wit mense. Dit behels verwysings na musiek deur die Beatles, veral van hulle gelyknamige album van 1968 (ook bekend as die "White Album"), en die Nuwe Testament se boek Openbaring.

Ander scenarios buiten Helter Skelter bestaan ook onder skrywers, polisiemanne en regsgeleerdes wat met die saak gemoeid was wat die Tate-LaBianca-moorde beskou as óf 'n na-apery van ander moorde óf wraak vir 'n dwelmtransaksie wat skeefgeloop het óf 'n kombinasie daarvan.

Agtergrond Volgens Bugliosi het Charles Manson 'n rasseoorlog voorspel nog voordat hy die term "Helter Skelter" gebruik het. Volgens Paul Watkins het Manson die term die eerste keer gebruik op 'n byeenkoms van die Familie op oujaarsaand 1968 op Myers Ranch naby Kalifornië se Death Valley. Watkins het gesê in die scenario trek Manson eindelik die grootste voordeel uit die oorlog. Hy en die familie sou 'n album skep met liedjies waarvan die liriek so subtiel was as dié wat hy in die Beatles se liedjies gehoor het.Watson, Charles as told to Hoekstra, Ray, Will You Die for Me?, Chapter 11 Watson website. Retrieved 28 April 2007.

thumb|200px|Manson het na die Beatles se White Album geluister, met onder meer die liedjie "Helter Skelter". Volgens Bugliosi sou swart mans so ontneem word van die wit vroue wat ná die politieke veranderings van die 1960's seksueel vir hulle beskikbaar was, en hulle sou wrede misdade teen wit mense pleeg. Volgens Watkins en Tex Watson sou bevreesde wit mense wraak neem met 'n moorddadige stormloop, en militante swart mense sou dit uitbuit om 'n oorlog te ontketen wat tot naby-uitwissing sou lei tussen rassistiese en nierassistiese wit mense oor die behandeling van swart mense. Dan sou die militante swart mense opstaan om die laaste paar wit mense dood te maak, asook alle mense wat nie swart is nie.Testimony of Paul Watkins in the Charles Manson Trial University of Missouri-Kansas City School of Law. Besoek op 28 April 2007.In trial testimony

Watkins sê voorts die lede van die uitgebreide Familie sou in dié slagting nie veel te vrese hê nie. Hulle sou die einde van die oorlog inwag in 'n geheime stad wat onder Death Valley geleë is. Hulle sou dit bereik deur 'n gat in die grond. Hulle sou die enigste wit mense wees ná die oorlog en sou van ondergronds kom om die swart mense te regeer wat, volgens die scenario, nie in staat sou wees om oor die wêreld te heers nie. Op daardie tydstip, sê Watkins, sal Manson "[die swart man se] kroeskop krap en hom onder die alie skop en hom aansê om katoen te gaan pluk en 'n goeie neger te wees".

Watson het gesê die term "Helter Skelter" kom van die Beatles se liedjie met dieselfde naam en dat Manson dit vertolk het as dat dit oor oorlog gaan. Die liedjie was op die album The Beatles (ook bekend as die "White Album"), waarna Manson geluister het binne 'n maand ná die uitreiking daarvan.

Volgens Paul Watkins het Manson en sy volgelinge vir Helter Skelter begin voorberei in die maande voor die moorde. Hulle het aan liedjies gewerk vir die album wat hulle wou skep en alles sou begin. Hulle het ook voertuie en ander items voorberei vir hulle ontsnapping uit die Los Angeles-omgewing na Death Valley wanneer die geweld begin. Hulle het kaarte bestudeer om 'n roete te beplan wat verby snelweë sou loop om hulle veilig in die woestyn uit te bring. Bugliosi het geskryf: Manson was oortuig daarvan dat die liedjie "Helter Skelter" 'n gekodeerde verklaring bevat oor die roete wat hulle moes volg.

LaBianca-moorde

Tex Watson, Patricia Krenwinkel en Leslie van Houten het in die nag van 9 Augustus 1969, met die hulp van Manson, die LaBianca-moorde gepleeg. Krenwinkel het "Healter [sic] Skelter" in bloed op die yskas geskryf, saam met 'n moontlike verwysing na die Beatles-liedjie "Piggies". Die Mansonbendelid Bobby Beausoleil het die woorde "politieke varkies" in Gary Hinman se bloed teen sy muur geskryf nadat Beausoleil hom vermoor het. Krenwinkel het getuig sy het die woord in die LaBiancas se huis geskryf as 'n na-apery van Beausoleil in 'n poging om hom uit die tronk te kry nadat hy vir Hinman se moord in hegtemis geneem is.

Verwysings na die Beatles en die Bybel In sy boek Helter Skelter skryf Bugliosi Manson het aan "talle mense", onder andere die Ma Barker-bendelid Alvin Karpis, gesê hy "sal baie groter as die Beatles wees" as hy 'n kans kry. Watson het geskryf die Bybel het "hoegenaamd geen betekenis in ons lewe in die Familie" gehad nie, buiten Openbaring hoofstuk 9.

Beatles-liedjies, volgens die teorie Die volgende vertolkings is geskoei op Vincent Bugliosi se vertolking en teorieë gebaseer op verklarings wat die Mansonbendelid Paul Watkins by hom afgelê het. Dit sluit ook verklarings in wat Tex Watson jare later afgelê het en Charles Manson se verklarings aan die skrywer David Dalton.

"Honey Pie" Liriek: Oh, honey pie, my position is tragic / Come and show me the magic / Of your Hollywood song Vertolking: Die Beatles weet Jesus Christus het na die aarde teruggekeer en is in Los Angeles. Hulle wil hê Manson moet sy "song" skep, dit is sy album wat Helter Skelter sal begin. Liriek: Oh, honey pie, you are driving me frantic / Sail across the Atlantic / To be where you belong Vertolking: Die Beatles wil hê Jesus Christus moet na Engeland kom. Gevolg: Bugliosi het vroeg in 1969 beweer Manson en sy vroulike volgelinge het probeer om die Beatles per brief, telegram en telefoon te kontak; hulle het gesukkel om dit duidelik te stel dat dit hulle, die Beatles, is wat oor die "Atlantic" moes kom om in Death Valley by die Familie aan te sluit. Die liedjies "I Will", "Yer Blues", "Don't Pass Me By" en "Blue Jay Way" is almal vertolk as dat die Beatles na Jesus Christus roep. "Blue Jay Way" het verskyn op Magical Mystery Tour, die album voor The Beatles. Die Familie het hulle reis van San Francisco na Los Angeles die "Magical Mystery Tour" genoem. "Sexy Sadie" Gewigtigheid: Manson het die Familielid Susan Atkins "Sadie Mae Glutz" hernoem lank voor die uitreiking van The Beatles. Dit het gedien as versterking van die geestelike verbintenis wat Manson met die Beatles gevoel het. In San Francisco, waar sy Manson ontmoet het, was Atkins 'n kaalborsdanser. Paul Watkins het geskryf Atkins "floreer op seks" en het selfs beweer sy het dalk die bynaam Sexy Sadie gehad nog voor die Familie die liedjie gehoor het. Tex Watson het gekryf die woorde van "Sexy Sadie" pas Atkins so goed "dat ons almal seker was [die Beatles] sing direk vir ons". Watson het veral daarop gewys dat die liedjie se titelkarakter came along to turn on everyone, broke the rules en laid it down for all to see. Atkins, het hy gesê, "het seksueel al die reëls verbreek, en het daarvan gehou om oor haar ondervindings en gebrek aan inhibisie te praat". "Rocky Raccoon" Gewigtigheid: Rocky Raccoon beteken "coon", 'n rassenaam vir 'n swart man. Van al die Beatles-liedjies wat sover bekend met Helter Skelter verbind is, is dit die enigste een wat die Bybel noem. So one day [Rocky Raccoon] walked into town / Booked himself a room in the local saloon / Rocky Raccoon / Checked into his room / Only to find Gideon's Bible ... Now Rocky Raccoon / He fell back in his room / Only to find Gideon's Bible / Gideon checked out / And he left it no doubt / To help with good Rocky's revival. Voor sy verhoor is Manson in die Los Angeles-distriksgevangenis besoek deur David Dalton en David Felton, wat 'n artikel vir Rolling Stone geskryf het. In die uitgawe van 25 Junie 1970 sê Manson in die artikel oor "Rocky Raccoon": "Coon. Jy weet dit is 'n woord wat hulle vir swart mense gebruik. Jy ken die reëls: Gideon checked out / And left no doubt / To help good Rocky's revival. Rocky's revival beteken om weer te herleef. Die swart man gaan weer die mag opneem. Gideon checks out beteken dit is alles daar in die Nuwe Testament geskryf, in die boek Openbaringe [sic]." "Happiness Is a Warm Gun" Gewigtigheid: Die Beatles vertel aan swart mense om wapens te kry en teen die wit mense te veg. Voorbeeld van die ririek: When I hold you in my arms / And I feel my finger on your trigger / I know no one can do me no harm / Because happiness is a warm gun / (Bang bang, shoot shoot) "Blackbird" Liriek: Blackbird singing in the dead of night / Take these broken wings and learn to fly / All your life / You were only waiting for this moment to arise. Vertolking: Die swart man gaan opstaan en die wit man omverwerp. Tex Watson het geskryf: "Die wit establishment sal duisende swart mense vermoor maar eintlik net daarin slaag om al die "Uncle Toms" (onderdanige swartes) dood te maak, want die ware swart ras sal gaan wegkruip en op die oomblik wag". "Helter Skelter" Liriek: When I get to the bottom I go back to the top of the slide / Where I stop and I turn and I go for a ride Gewigtigheid: 'n Verwysing na die Familie se verskyning uit die "onderaardse diepte" ("Bottomless Pit"), die ondergrondse Death Valley-wegkruipplek waar die groep veilig sou wees teen die geweld van Helter Skelter. Liriek: Look out ... Helter Skelter ... She's coming down fast ... Yes she is. Vertolking: Die komende ontploffing van rasgebaseerde geweld is voor die deur. "Piggies" Liriek: What they need's a damn good whacking Gewigtigheid: Swart mense gaan die "piggies", dus die establishment, 'n goeie pak slae gee. Liriek: Everywhere there's lots of piggies / Living piggy lives / You can see them out for dinner / With their piggy wives / Clutching forks and knives / To eat their bacon. Vincent Bugliosi het aangeteken dat Leno LaBianca met 'n mes in sy keel en 'n vurk in sy maag agtergelaat is, detail wat Bugliosi 'n verdere verband laat tref het met die liedjie. "Revolution 1" Liriek: You say you want a revolution / Well you know / We all want to change the world ... / But when you talk about destruction / Don't you know that you can count me out (in) Gewigtigheid: Die sing van die woord in ná die woord out, hoewel in nie in die gedrukte liriek van die liedjie voorkom nie, dui daarop dat die Beatles onseker was oor 'n revolusie, maar dit nie voorgestaan het nie. Tex Watson beweer die Beatles is nie meer op 'n "peace-and-love trip" nie, maar kan dit nie aan die establishment erken nie. Liriek: You say you got a real solution / Well you know / We'd all love to see the plan Vertolking: Die Beatles wil hê Manson moet vir hulle sê hoe om aan die gruwels van Helter Skelter te ontsnap. Volgens Watson en Bugliosi is die Beatles gereed vir geweld; hulle wil hê Manson moet 'n album uitreik wat vir hulle sê wat om te doen. "Revolution 9" Volgens Tex Watson is dit die liedjie op die White Album waarvan Manson die meeste gepraat het, en die een wat hy as die belangrikste beskou het. In sy gesprek van 1970 met Dalton het Manson gesê "Revolution 9" is die liedjie wat hom laat glo het in die boodskap van Openbaring hoofstuk 9, waarin "die omverwerping van die establishment voorspel word. Die put sal oopgaan, en dan sal alles gebeur. 'n Derde van alle mense sal sterf."