Joseph Michael Solomon (Paarl, Kaapkolonie, 11 Desember 1883 – Rosebank, Kaapstad, Kaapland, Suid-Afrika, 26 Augustus 1920) was ’n Suid-Afrikaanse argitek. Hy het 'n diepgaande invloed gehad op sy vaderland se kulturele ontwikkeling en is erken as die mees talentvolle vertolker daarvan tydens sy kort lewe. De Kock, W.J. (tot 1970) en Krüger, D.W. (sedert 1971, hoofred.) . 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Kaapstad en Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers. Ongelukkig het hy geknak onder die geweldige druk van die opdrag om die Universiteit van Kaapstad se geboue in Rondebosch te ontwerp en tegelykertyd ook die historiese woonhuis Vergelegen te restoureer. Dit het tot sy selfdood in die ouderdom van net 36 jaar gelei. Gutsche, dr. Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins.
Herkoms en skoolopleiding Solomon was van Joodse afkoms en die seun van Joseph Solomon en sy vrou Ellen Caroline Conroy. Een van die eerste Jode in die Paarl, Benjamin Solomon, het vir ’n kort ruk in 1860 daar gewoon. Abraham Rozenschweig het hom in 1850 uit Holland op die dorp gevestig, Moses Lurie in die 1870’s en Albert Hertz in die 1880’s uit Duitsland. Die Paarlse Hebreeuse gemeente, Adath Yisrael d’Paarl, is eers in 1893 gestig, vyf jaar ná Joseph Solomon se geboorte. In die dekade van sy geboorte is dienste aan die huis van Moses Lurie gehou. Die plaaslike sinagoge is in 1904 voltooi, in 1926 deur ’n brand in puin gelê en die volgende jaar herbou. Digital Jewish Archive Project: Paarl, Western Cape . URL besoek op 3 Mei 2016.
Solomon se ouers het 'n breë intellektuele ontwikkeling aangemoedig, veral in die geesteswetenskappe, en Solomon se vader het dikwels 'n debat tussen sy drie seuns aan die gang gesit. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die privaat seunskool Diocesan College, Rondebosch, waar hy erkenning gekry het vir sy sketsvaardighede met sy portrette van die gesiene lede van die skoolgemeenskap vir die skool se tydskrifte en sketse van die skoolgeboue.
In diens van Baker & Masey In 1903 word hy in die kantoor van Baker & Masey in Kaapstad in diens geneem en word assistent in dié kantoor in 1904. Herbert Baker het reeds in 1902 na Johannesburg vertrek. In 1906 het Solomon aandklasse in die argitektuur bygewoon wat Francis Edward Masey aan die Suid-Afrikaans Kollege begin het. In 1907 wen hy die eerste prys vir ’n essay, “A style for South African architecture”, nadat Masey die onderwerp gekies en Baker die wedstryd beoordeel het. Hierdie essay is gepubliseer in die South African Architects, Engineers and Surveyor's Journal van Junie 1907 onder die titel “South African style in architecture”.
In die kantoor van Baker & Masey werk hy onder die argitek Masey, wat toe sekretaris was van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging, ’n soort voorloper van die Historiese Monumentekommissie en die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, en wat saam met F.K. Kendall, Dorothea Ann Fairbridge en andere aktief besig was om die Kaapse argitektoniese erfenis te bewaar. Solomon sluit geesdriftig by die beweging aan en deur diepgaande studie verkry hy 'n wye kennis van die argitektuur en van kuns in die algemeen, waarin hy, ondanks sy jeug en gebrek aan buitelandse ervaring, 'n erkende gesaghebbende word. In 1907 word Solomon assistent-sekretaris van die Nasionale Vereniging en ding in 1908 sonder welslae meer om die Titeprys van die Koninklike Instituut van Britse Argitekte (Riba).
Hy word ook 'n uitstekende portretskilder. Solomon was lank, swaar gebou en soel van vel. Hy het besonder aangename maniere gehad en was hy 'n belese, boeiende en geesdriftige geselser. Hierdie eienskappe het hom gewild gemaak by persone hoog in aansien.
Toe sir Abe Bailey die maandblad The State in 1909 begin uitgee as 'n tydskrif van verenigings wat nouer samewerking tussen die vier Suid-Afrikaanse kolonies voorstaan en as spreekbuis sou diens van lord Alfred Milner se “kindergarten” waartoe talle argitekte (wat meestal ’n noue verbintenis met Baker gehad het) ook bydraes sou lewer, dra Solomon 'n uitstekende reeks portrette van belangrike Suid-Afrikaanse persone daartoe by, asook artikels oor kuns en argitektuur.
Na Johannesburg duimnael|links|240px|Villa Arcadia in die Johannesburgse voorstad Parktown is oorspronklik in 1909 deur sir Herbert Baker en sy vennoot Masey ontwerp. Solomon het Florence Phillips met die binneversiering gehelp.
duimnael|180px|regs|Solomon se vriendskap met lady Florence Phillips en die opdragte wat sy vir hom verseker het, het volgens haar biograaf Thelma Gutsche waarskynlik tot sy selfdood aanleiding gegee omdat hy nie opgewasse was teen die druk nie. Toe Herbert Baker in 1910 opdrag ontvang vir die ontwerp van die Uniegebou in Pretoria, word Solomon na dié argitek se Johannesburgse kantoor verplaas. Daar ontmoet hy die Joodse egpaar Lionel Phillips en sy vrou, Florence Phillips (vanaf 1912 later sir Lionel en lady Florence), wie se manjifieke huis Villa Arcadia Baker besig was om te bou en waarvan sommige stylelemente in die Uniegeboue herhaal is. Baker stel Solomon aan om toesig te hou oor die onderneming en hy ontwikkel 'n hegte vriendskap met die Phillipse. Hierdie vriendskap sou ’n groot invloed uitoefen op Solomon se loopbaan tot sy voortydige dood. Solomon het nie net toesig gehou nie, maar ook ’n groot rol gespeel in die binneversiering van Villa Arcadia. Hy staan lady Phillips by in baie van haar ondernemings, soos die stigting van die Johannesburgse Kunsmuseum en die organisasie van die South African National Union se Kuns-en-kunsvlyttentoonstelling in Milnerpark, Johannesburg, in 1910. Florence Phillips het Solomon voorgestel aan die kunskenner sir Hugh Lane en aan die argitek sir Edwin Lutyens toe hulle Suid-Afrika in 1910 besoek. Sir Hugh het Florence raad gegee oor watter kunswerke sy moes aankoop vir die te stigte kunsmuseum terwyl sy Lutyens as argitek aangestel het. Florence het Solomon se talent opgemerk en het hom ondersteun as geesdriftige beskermvrou van die kunste.
Buitelandse studietoer duimnael|links|200px|Solomon het beweer hy het 75 m ver geval terwyl hy die Tempel van Vesta in Tivoli, Italië, geskets het. Sy beserings het gelei tot hoofpyne wat lewenslank pal sou terugkeer. Nadat Solomon in 1911 sonder welslae om die Baker-beurs meeding, word deur Florence Phillips se toedoen gereël dat Solomon in Lutyens se Londense kantoor sou werk en op haar onkoste vir twee jaar op die vasteland sou reis om ondervinding op te doen. Voor sy vertrek in 1911 stel hy 'n catalogue raisonnê op van die inhoud van die ampswoning Groote Schuur, waarvan baie stukke deur Baker vir C.J. Rhodes versamel is. Danksy die steun van Florence Phillips kon Solomon nie net sy droom verwesenlik om in Italië te studeer nie, maar ook optree as tussenganger tussen Florence Phillips, Robert Ross en sir Hugh vir die aankoop van kunsboeke en –werke vir die Johannesburgse Kunsmuseum in wording. Sy se algemene opleiding en ervaring is baie verryk deur sy studie in Engeland, Frankryk, Nederland en Italië.
Omstreeks 1912 het Solomon tyd deurgebring in Lutyens se Londense kantoor. Hy was blykbaar so beïndruk deur dié argitek se praktyk dat omstreeks dié tyd sy argitektoniese lojaliteit van Baker na Lutyes verplaas het.
Ongelukkig het sy gesondheid in dié tyd ’n knou gekry. Onderwyl hy in Italië was, het hy geval terwyl hy aan die skets was by die Tempel van Vesta in Tivoli het hy hoogtevrees gekry en in ’n poging om sy balans te behou, tot op die bodem van die tempel geval, na sy skatting ’n hoogte van sowat 75 m. Dié hoogte hy moontlik oordryf, want hy het nie ’n enkele been gebreek nie, maar van toe het Solomon gely aan kwaai hoofpyn wat telkens teruggekeer het. In Julie 1913 het Robert Ross aan hom geskryf: “Ek hoop nie jy voel die uitwerking van jou aaklige ongeluk nie, wat egter bewys dat jy die geliefde van die Hemel is.” Waarop Solomon geantwoord het: “Dit gaan glad nie goed met my ná die ongeluk nie en dit voel asof dit n ewigheid deur om my lewenskrag te herwin. Geduld was nog altyd vir my die mees drastiese geneesmiddel.” Hy vertoef tot 1913 in Engeland en op die vasteland. Nog ’n hoogtepunt tydens sy besoek aan Engeland was ’n referaat wat hy in Londen op die Imperiale Gesondheidskonferensie gelewer het oor “arbeidershuise en modelwoonplekke in Suid-Afrika”.
Terug in die Goudstad duimnael|regs|270px|Solomon het, danksy die invloed van gesiene vriende lady Florence Phillips, die opdrag gekry om die binnekant van die Ou Dorpshuis in Kaapstad te herontwerp sodat dit die Michaelis-versameling kan huisves.
duimnael|links|270px|Die Burgstraatse kant van die gebou wat die Argus-maatskappy groep se Kaapse dagblaaie gehuisves het, maar in 2012 aan 'n eiendomsontwikkelaar verkoop is.The Media Online, besoek 27 Februarie 2013 Solomon het die gebou ontwerp om aan te pas by die aanliggende Ou Dorpshuis, waarvan hy die binnekant herontwerp het om die Michaelis-versameling te huisves.
Solomon keer einde 1913 (volgens ’n ander bron in Julie daardie jaar) terug in die Johannesburg, waar hy met sy eie praktyk begin en ook in die raad van die Johannesburgse Kunsmuseum dien. Toe aan die einde van 1913 finaal besluit is dat sir Max Michaelis se versameling 17de-eeuse Nederlandse skilderye in die Ou Burgerwaghuis in Kaapstad gehuisves sou word, gebruik lady Florence, wie man begin 1912 tot ridder geslaan is, haar invloed as agent vir Michaelis om te sorg dat Solomon die opdrag kry vir die restourasie en verandering van die gebou sodat die versameling daarin opgeneem kon word. Die Argus-maatskappy maak ook van sy diens gebruik vir die herontwerp van sy gebou langsaan sodat dit by die gerestoureerde Ou Burgerwaghuis sou aanpas.
Hy het ’n tyd lank in Baker & Fleming se Johannesburgse praktyk gewerk, maar dit omstreeks 1915 verlaat om in vennootskap te gaan met A.J. Marshall, wat ook in Baker se praktyk werksaam was. Solomon en Marshall het onder meer die YMCA in die Goudstad ontwerp asook talle ander geboue, hoofsaaklik woonhuise. Blykbaar het Solomon weens die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog gesukkel om werk te kry; daarom vra hy sir Lionel en lady Florence einde 1915 om hul aansienlik invloed te gebruik om die gesogte opdrag te kry om die voorgestelde nuwe geboue van die Universiteit van Kaapstad op Rhodes se Groote Schuur-landgoed te ontwerp.
In Februarie 1916 het Solomon, wat ambisieus was en sterk menings gehuldig het, die eerste redakteur van die Journal of the Association of Transvaal Architects geword, maar as redakteur sowel as ’n raadslid van die Vereniging van Transvaalse Argitekte bedank uit protes teen die voorgestelde registrasie van argitekte. E.H. Waugh, wat Solomon as redakteur opgevolg het, het hom beskou as ’n “afbrekend kritikus wat met niks vorendag kon kom om dit te vervang wat hy uitgegooi het nie”. Hy was, volgens Waugh, byvoorbeeld teen die gotiese herlewing gekant asook teen argitektoniese wedstryde.
Vir oulaas in die Moederstad Solomon plaas sy praktyk na Kaapstad oor. Hy word ook die argitek van die Diocesan College en ontwerp in 1916 'n nuwe sanatorium vir die skool. Hy ontwerp ook die Robert Scott-gedenkteken wat aan die onderpunt van Adderleystraat, Kaapstad, opgerig is. (Dit is in 1948 gevandaliseer en vervang met 'n replika in brons.) In dieselfde jaar hou Solomon toesig oor ’n gesamentlike projek met die departement van openbare werke om ’n fotografiese rekord op te stel van die interieur van Groote Schuur. ’n Afskrif daarvan berus in die biblioteek van die departement van openbare werke in Pretoria. Hy aanvaar die opdrag omdat werk skaars was en sodat hy sy oor op die grond kon hou betreffende die voorstelle vir die nuwe Kaapse universiteitsgeboue.