duimnael|Die Afrikaanse kultuurbedryf as netwerk, soos saamgestel met behulp van PRISMA

PRISMA is ’n digitale Afrikaanse kultuurbedryfdatabasis wat mense se bydraes tot die Afrikaanse film, literatuur, musiek, televisie en teater opteken. Die naam, PRISMA, dui op 'n prisma se vermoë om lig vanuit 'n spektrum te fokus, soos die projek ook inligting vanaf 'n verskeidenheid bronne op 'n enkele plek fokus.Senekal, B.A. 2016. Die samestelling van 'n digitale Afrikaanse kultuurdatabasis: Uitdagings en uitkomste, Afrikaanse Letterkundige Vereniging (ALV), Potchefstroom, 31 Augustus – 2 September.

PRISMA is die mees gedetailleerde aanlyn databasis van die Afrikaanse filmbedryf wat beskikbaar is, en anders as die Internet-rolprentdatabasis teken dit alle bydraes tot Afrikaanse films op, nie alleen dié van ‘belangrike’ rolspelers soos regisseurs, hoofakteurs en draaiboekskrywers nie. Dit beteken dat rolspelers in die Afrikaanse kultuurbedryf waaroor gewoonlik nie geskryf word nie, byvoorbeeld musikante en tegniese personeel, se bydraes ook op hierdie databasis verreken word.http://maroelamedia.co.za/vermaak/n-digitale-databasis-van-die-afrikaanse-kultuurbedryf/ Anders as die Internet-rolprentdatabasis teken dit ook bydraes tot die Afrikaanse literatuur, musiek, teater en televisie op, en verskaf dus ’n breër beeld van ’n persoon se bydrae tot die Afrikaanse kultuurbedryf.

Huisvesting Die projek word deur Burgert Senekal van die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging bestuur en het sy oorsprong in studies van samewerkingsnetwerke in die Afrikaanse kultuurbedryf, byvoorbeeld van die film,’n Veelvlakkige netwerkontleding van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk (1994–2014), LitNet Akademies Geesteswetenskappe, 12(2), 43-68The gods must be connected: An investigation of Jamie Uys’s connections in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA), Communicatio, 40(1), 1-19An investigation of Pierre de Wet’s role in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA), Literator, 35(1) toneel,“Ses grade van Gerben Kamper”: 'n Verkenning van samewerkingsnetwerke in die Afrikaanse toneelbedryf (2010–2015), LitNet Akademies Geesteswetenskappe, 13(2) en literatuur.Canons and Connections: A Network Theory Approach to the Study of Literary Systems with Specific Reference to Afrikaans PoetryOlga Kirsch se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem (1900–1978), Werkwinkel 9(2), 9-36André P. Brink se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem van die 1960’s, Tydskrif vir Letterkunde, 52(1), 57-72 Befondsing is in 2015 van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang wat die uitbreiding van die projek na sy huidige formaat moontlik gemaak het.

Verwante projekte Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Letterkunde The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance (ESAT) Die ATKV-skrywersalbum Vintage Media The Internet Movie Database

Eksterne skakel PRISMA: 'n Digitale Afrikaanse kultuurbedryfdatabasis

Verwysings

Kategorie:Afrikaans Kategorie:Webwerwe