Fourie Botha is ’n uitgewer en Afrikaanse digter.

Lewe en werk Fourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld duskant Gaborone. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit. In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. In 2008 sluit hy as redakteur van die Umuzi-drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad aan. Tans is hy die uitgewer van plaaslike fiksie vir Penguin Random House. Hy woon in Kaapstad.

Skryfwerk Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel “Nuwe stemme 4”, waarna hy debuteer met die digbundel “Donkerkamer”.Cochrane, Neil “Rapport” 2 Oktober 2011 Die gedigte in hierdie bundel is tegnies goed versorg en afgerond.Crous, Marius “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 49 no. 2 Lente 2012: http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/49_2/18%20Resensie%20Crous%20WEB%2001.pdf Die titel van die bundel verwys na die plek waar foto’s en afdrukke (indrukke) ontwikkel word, maar betrek ook die donker kamer wat in gay klubs aangetref word en die homoseksuele seksualiteit beklemtoon.Naudé, Charl-Pierre “Beeld” 8 Augustus 2011 Die gay-subkultuur oorheers dan ook die bundel, waarbinne drie afdelings (“Bedgebied”, “Skoot” en “Roberts Birds”), verse gebundel word oor onder andere die homo-erotiek,Visagie, Andries Slipnet: http://slipnet.co.za/view/reviews/fourie-botha-se-pragdebuut/; Nuwe stemme 4 beroemde kunswerke en kunstenaars met homo-erotiese verbintenisse, en die jeugervarings. Die gedigte sluit aan by veral die werk van Johann de Lange, wat dan ook in sommige van die gedigte intertekstueel betrek word. Interessant is die gebruik van illustrasies en gedigte daarby, waar beeld en gedig nie langs mekaar nie maar op verskillende bladsye afgedruk word en die leser sodoende dwing om met noukeuriger aandag die verbande tussen beeld en gedig te probeer identifiseer. “Ombalantu” is so ’n beeldgedig, gebaseer op ’n foto van twee soldate wat skynbaar ongestoord kyk na ’n verkoolde lyk op ’n draagbaar.Cochrane, Neil “Beeld” 14 Junie 2010Die spreker is eroties aangetrokke tot die soldate, waardeur die teenwoordigheid van die lyk ook skending en geweld uitbeeld en so hierdie eienskappe by die erotiek betrek. “Donkerkamer” is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die Ingrid Jonkerprys. In 2017 verskyn 'n tweede bundel, Krap uit die see.

Publikasies JaarPublikasies2011Donkerkamer2017Krap uit die see

Bronnelys

Tydskrifte en koerante Rautenbach, Elmari “As jy pa staan vir boeke” “Beeld” 20 November 2015

Internet LinkedIn: https://za.linkedin.com/in/fourie-botha-09675013 NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/8022 Versindaba: http://versindaba.co.za/tag/fourie-botha/

Resensie

Kategorie:Suid-Afrikaanse digters