Ben M. Botha is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Hy skryf oor die botsing tussen blanke en Xhosa tydens die grensoorloë, meer spesifiek die Agtste Grensoorlog van 1850 in “Die witmense, Au!Anoniem “Koers” April 1950” Die perspektief is dié van die Xhosa en die roman bevat dan ook beskrywings van hulle gevoelslewe en gedagtegang.De Villiers, Meyer “Standpunte” No. 23, Maart 1952 Veral interessant is die verwarring wat veroorsaak word wanneer die blanke regstelsel gebruik word om Xhosa-stamgebruike te beoordeel. Die verhaal speel af in die tydperk van Kreli en Sandile en die profetes Nongquase se aanmoediging tot volk-selfmoord. ’n Jong Xhosa-vegter, Umsindo, raak in hierdie tyd verlief op Nontombi, ’n jong Fingo-vrou. Die beeldryke taal van die Xhosas word veral goed weergegee.

Publikasies JaarPublikasies1949Die witmense, Au!

Bronnelys

Boeke Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. “Skrywers en rigtings” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene  uitgawe 1969

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Botha,_Ben_M.

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers